Page 99 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Versoeking
95
Die onmatigheid en die gevolglike siekte en ontaarding wat
geheers het tydens Christus se eerste koms, sal vóór Sy wederkoms in
n baie erger mate gesien word. Christus het verklaar dat toestande in
die wêreld gelyk sal wees aan die wat geheers het vóór die sondvloed,
en soos die in die dae van Sodom en Gomorra. Al die versinsels van
die menslike hart sal altyddeur net sieg wees. Ons het byna daardie
vreeslike tyd bereik, en die les van die Heiland se vas behoort ons
ter harte te neem. Alleen wanneer ons dink aan die verskriklike
sielsangs wat Christus deurgemaak het, kan ons die euwels van
onmatigheid reg verstaan. Sy voorbeeld leer ons dat ons enigste
hoop op die ewige lewe geleë is in die onderwerping van aptyt en
welluste aan die wil van God.
In ons eie krag is dit onmoontlik om die drifte van ons gevalle
natuur te onderdruk. Dit is deur hierdie drifte dat die Satan ons sal
versoek. Christus het geweet dat die vyand tot elke mensekind sal
kom om aangebore swakhede uit te buit, en almal wat nie op God
vertrou nie, deur sy valse influisterings tot ’n val te bring. En deur
die pad te bewandel wat die mens moet betree, het die Here die weg
tot oorwinning berei. Dit is nie Sy wil dat ons in ’n swak posisie
moet staan in ons stryd teen die Satan nie. Hy wil nie hê dat ons
bang gemaak en ontmoedig sal word deur die slang nie. “Hou goeie
moed, het Hy gesê”, “Ek het die wêreld oorwin.” Joh. 16: 33.
Laat diegene wat moet stry teen die mag van die aptyt, hulle oë
[118]
vestig op Jesus in die woestyn van versoeking. Aanskou Hom in Sy
foltering aan die kruis waar Hy uitroep: “Ek het dors!” Hy het alles
verduur wat ons moontlik sal moet verduur. Sy oorwinning is ons
s’n.
Jesus het vertrou op die wysheid en die krag van Sy hemelse
Vader. Hy het verklaar: “Maar die Here Here help My; daarom kom
Ek nie in die skande nie, . . . en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal
staan nie. . . . Kyk, die Here Here help My.” Wysende op Sy eie
voorbeeld, sê Hy aan ons, “Wie is daar onder julle wat die Here
vrees, ... wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie?—laat
hy vertrou op die Naam van die Here en steun op sy God!” Jes. 50:
7-10.
Die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie,”
het Jesus gesê. (Joh. 14: 30.) Die drogredes van die Satan het geen
uitwerking op Hom gehad nie. Hy het nie tot die sonde ingestem nie.