Page 98 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

94
DIE KONING VAN DIE EEUE
Soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie
dinge sal vir julle bygevoeg word.” Matt. 6: 33. Selfs in hierdie lewe
is dit nie goed vir ons om af te wyk van die wil van ons hemelse
Vader nie As ons die krag van Sy Woord ken, sal ons nie gehoor gee
aan die influisterings van die Satan om voedsel te verkry of ons lewe
te red nie. Die hoofsaak by ons sal wees: Wat beveel die Here? en
wat belowe Hy? As ons op hierdie vrae sekerheid het, sal ons die
een gehoorsaam en op die ander vertrou.
In die laaste groot botsing in die stryd teen die Satan, sal diegene
wat aan God getrou is, sien hoedat alle aardse stutte wegval. Omdat
hulle weier om Sy wet te oortree in gehoorsaamheid aan aardse
magte, sal hulle verbied word om te koop of te verkoop. Uiteindelik
sal daar beveel word dat hulle doodgemaak moet word. (Sien Openb.
13: 11-17.)
Maar aan die gehoorsames is die belofte gegee: “Hy wat
in geregtigheid wandel . . . die sal op hoogtes woon, rotsvestings is
sy burg; sy brood word hom gegee, sy water is gewis.” Jes. 33: 15,
16.
Deur hierdie belofte sal die kinders van God lewe. Wanneer die
aarde geteister word deur hongersnood, sal hulle gevoed word. “Die
oog van die Here is op die wat Hom vrees ... om hulle siel te red van
die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.” Ps. 33: 18,
19.
Die profeet Habakuk het na hierdie tyd van ellende verwys, en
sy woorde is ’n uitdrukking van die geloof van die kerk: “Alhoewel
[117]
die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal
wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande
geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen
beeste in die stalle sal wees nie — nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.” Hab. 3: 17, 18.
Van al die lesse wat ons in die eerste groot versoeking van die
Here kan leer, is nie een so belangrik as die met betrekking tot die
beheersing van die hartstogte nie. Versoekings wat die fisiese natuur
streel, was nog altyd die doeltreffendste om die mens te besoedel en
te verlaag. Deur onmatigheid veroorsaak die Satan die verwoesting
van die verstandelike en sedelike vermoëns wat God aan die mens
gegee het as \’n onskatbare besitting. Daardeur word dit vir die mens
onmoontlik om die dinge wat ewige waarde het, te waardeer. Deur
die botviering van die welluste trag die Satan om alle tekens van die
beeid van God uit die siel uit te wis.