Die Versoeking
93
Satan klaar om hom te versoek en lastig te val. Hy val ons aan op
ons swak punte. Hy probeer om ons vertraue op God, wat hierdie
dinge toelaat, te laat wankel. Ons kom in die versoeking om God te
wantrou en Sy liefde te betwyfel. Dikwels kom die versoeker tot ons
soos hy tot Christus gekom het en hou hy ons swakhede en gebreke
aan ons voor. Hy hoop om ons daardeur te ontmoedig en ons houvas
op God te verbreek. As hy dit kan regkry, is hy seker van sy slagoffer.
As ons hom maar sou teenstaan soos Jesus dit gedoen het, sou ons
baie neerlae kon verhoed. Deur met die vyand te onderhandel, gee
ons hom die voorsprong.
Toe Christus aan die versoeker gesê het: “Die mens sal nie van
brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond
van God uitgaan,” het Hy die woorde herhaal wat Hy self meer as
veertien eeue gelede tot Israel gespreek het: “Die Here jou God [het]
jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei . . . en Hy het jou
verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy
en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die
mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles
wat uit die mond van die Here uitgaan.” Deut. 8:2, 3. In die woestyn,
toe alle lewensmiddels op ’n end was, het God aan Sy volk manna
uit die hemel gegee, aanhoudend en voldoende. Hierdie voorsienmg
is gemaak om hulle te leer dat solank hulle op God vertrou en in Sy
[116]
weë wandel, Hy hulle nooit sou verlaat nie. Die Heiland het nou self
die les wat Hy vir Israel geleer het, toegepas. Deur die Woord van
God is die leër van Israel bewaar, en deur daardie selfde Woord sou
Jesus ook bewaar word. Hy het op God gewag om Hom op Sy eie
tyd te verlos. Hy was in die woestyn in gehoorsaamheid aan God, en
Hy sou nie voedsel verkry deur gehoor te gee aan die voorstel van
die Satan nie. Voor die ganse heelal het Hy getuig dat dit beter was
om te ly wat kom, as om enigsins af te wyk van die wil van God.
“
Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke
woord wat deur die mond van God uitgaan.” Dikwels kom die na-
volger van Christus in omstandighede waar hy God nie kan dien en
terselfder- tyd sy wêreldse ondernemings voortsit nie. Dit mag lyk
of gehoorsaamheid aan die een of ander duidelike bevel van God
alle lewens- middele sal afsny. Die Satan wil hom graag wysmaak
dat hy sy heilige oortuigings maar moet laat vaar. Maar die enigste
ding in die wêreld waarop ons kan staatmaak, is die Woord van God.