92
DIE KONING VAN DIE EEUE
my ’n teken dat ek kan glo dat jy die Seun van God is.” Bewyse sou
waardeloos gewees het om die krag van die opstand in sy hart te
verbreek; en Christus sou nie Sy goddelike mag vir Sy eie voordeel
gebruik nie. Hy het gekom om beproewing te verduur soos ons en
om ons ’n voorbeeld van geloof en van onderwerping te gee. Nie by
hierdie of enige later geleentheid in Sy aardse lewe het Jesus ooit
’
n wonderwerk vir eie voordeel verrig nie. Al Sy wonderwerke het
Hy ten behoewe van ander verrig. Hoewel Jesus die Satan uit die
staanspoor herken het, het dit Hom nie tot die stryd uitgelok nie.
Versterk deur die herinnering aan die stem uit die hemel het Hy op
die liefde van Sy Vader vertrou. Hy sou nie met die versoeking speel
nie.
Jesus het die Satan bestry met die Skrifwoord, “Daar is ge-
skrywe.” Elke versoeking het Hy afgeweer met die wapen van Gods
Woord. Die Satan het Christus om n wonderwerk gevra as teken van
Sy godheid, maar Hy het geantwoord met die teken wat nie betwis
kon word nie --- die teken groter as al die wonderwerke, naamlik,
’
n vaste vertroue op die Woord van God. Solank Christus daaraan
vashou, sou die versoeker geen oorwinning behaal nie.
Dit was op die oomblik toe Christus die swakste was, dat Hy
met die heftigste versoekings aangeval is. Op daardie manier het
die Satan gemeen om die oorwinning te behaal. Dit is op hierdie
wyse dat die Satan die oorwinning oor die mens behaal het. Toe
hulle kragte ingee, hulle wilskrag verswak, en hulle geloof nie lan-
[115]
ger op God gevestig was nie, is diegene wat lank en moedig vir die
reg gestry het, oorwin. Moses was uitgeput deur die veertigjarige
omwandeling van Israel in die woestyn toe sy geloof vir ’n oomblik
van die Almagtige afgetrek is; feitelik op die grens van die beloofde
land het hy die neerlaag gely. Net so was dit ook met Elia, wat on-
ver- skrokke voor Koning Agab gestaan het, en die hele volk van
Israel, met die vierhonderd-en-vyftig Baälsprofete en al getrotseer
het. Maar na daardie vreeslike dag op die berg Karmel toe hy die
valse profete laat doodmaak en die volk daarna hulle getrouheid aan
God betuig het, het Elia vir sy lewe gevlug voor die dreigemente
van die afgodiese Isébel. So weet die Satan om die swakheid van
die menslike natuur uit te buit. En nog werk hy op dieselfde manier.
Waar iemand omring is deur donker wolke, te kampe het met moei-
like omstandighede, of in armoede of ellende verkeer, daar staan die