Die Versoeking
91
so behandel? Sou Hy Hom in die woestyn alleen laat by die wilde
diere, sonder kos, sonder geselskap, sonder enige geriewe? Hy gee
voor dat dit nooit die bedoeling van God was dat Sy Seun in so n
toestand sou verkeer nie. “As U die Seun van God is,” toon dan U
mag deur Uself te verlos van hierdie knaende honger. Beveel hierdie
klip om brood te word!
Die woorde uit die hemel: “Dit is My geliefde Seun in wie Ek ’n
welbehae het” (Matt. 3: 17), het nog in die ore van die Satan weer-
klink, maar hy was vasbeslote om Christus hierdie getuienis nie te
laat glo nie. Die woord van God was Christus se versekering van Sy
goddelike sending. Hy het gekom om as mens onder die mense te
lewe, en dit was die woord wat Sy verbinding met die hemel verklaar
het. Dit was die Satan se doel om Hom aan daardie woord te laat
twyfel. As hy Christus se vertroue in God kon laat wankel, het hy
geweet dat hy die hele stryd sou win. Hy het gemeen dat hy Jesus
kon oorwin. Hy het gehoop dat Christus weens neerslagtigheid, en
gedrewe deur Sy groot honger Sy geloof in Sy Vader sou versaak en
dan vir Homself ’n wonderwerk sou verrig om Sy honger te stil. As
Hy dit gedoen het, sou die verlossingsplan misluk het.
Toe die Satan en die Seun van God vir die eerste keer in botsing
gekom het, was Christus die aanvoerder van die hemelse leërskare,
en die Satan, die leier van die opstand in die hemel, is uitgewerp.
Nou was die posisie oënskynlik net andersom, en die Satan probeer
nou om sy skynbare voordeel tot die uiterste toe uit te buit. Een van
[114]
die magtigste engele, sê hy, is uit die hemel gewerp. Die voor- koms
van Jesus dui aan dat Hy seif daardie gevalle engel is, deur God en
mens verlate, ’n Goddelike wese sou mos sy aanspraak kan staaf
deur ’n wonderwerk te verrig: “As U die Seun van God is, sê dat
hierdie klippe brood word.” So ’n skeppingsdaad, het die versoeker
aangevoer, sou afdoende bewys van Sy godheid wees. Dit sou die
stryd beëindig.
Dit het groot inspanning gekos vir Jesus om stilswygend na die
aartsbedrieër te luister. Maar die Seun van God het nie onder ver-
pligting gestaan om die Satan te oortuig van Sy godheid of om aan
hom die rede vir Sy vernedering te verklaar nie. As Christus aan
die voor- stelle van die rebel sou toegegee het, sou dit nie gestrek
het tot voordeel van die mens of die heerlikheid van God nie; as Hy
gehande! het na die vyand se wens, sou die Satan nog gesê het: “Gee