90
DIE KONING VAN DIE EEUE
versoeking te stry. Vir geen oomblik was Hy daarvan vry nie. Sy
menslike natuur het teruggedeins vir die stryd wat Hom gewag het.
Vir veertig dae lank het Hy gevas en gebid. Swak en uitgeteer van die
honger, uitgeput en vervalle deur die sielstryd “was Sy voorkomste
[
so misvormd], geen mens meer nie, en Sy gestalte was nie soos die
van n mensekind nie.” Jes. 52: 14. Nou was dit die Satan se kans.
Nou het hy gemeen dat hy Christus sou oorwin.
Asof in antwoord op Sy gebede, het daar tot die Heiland iemand
in die gedaante van n engel uit die hemel gekom. Hy het voorgegee
dat God hom gestuur het om aan te kondig dat Christus se vas op
’
n end was. Net soos God ’n engel gestuur het om die hand van
Abraham te weerhou om nie vir Isak te ofïer nie, so het die Vader
nou, tevrede met Christus se gewilligheid om die bloedige weg
te bewandel, ’n engel gestuur om Hom te verlos — dit was die
boodskap wat aan Jesus gebring is. Die Verlosser was flou van die
honger en het na voedsel gesmag toe die Satan Hom skielik genader
het. Wysende na die klippe wat orals in die woestyn rondgelê het en
wat op brode gelyk het, het hy gesê: “As U die Seun van God is, sê
dat hierdie klippe brode word.”
Alhoewel hy verskyn het as ’n engel van die lig, het hierdie eerste
woorde sy ware karakter verraai, “As U die Seun van God is.” Hier
sien ons ’n poging om wantroue te verwek. As Jesus sou doen wat
die Satan daar voorstel, sou dit ’n teken van twyfelmoedigheid wees.
Die versoeker se plan was om Christus te verslaan met dieselfde dels
[113]
waarmee hy in die begin die mens so suksesvol aangeval het. Hoe
listig het die Satan vir Eva in Eden genader! “Is dit ook so dat God
gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?” Gen.
3: 1.
Sover het die versoeker se woorde die waarheid bevat; maar in
die manier waarop hy dit gesê het, het daar n bedekte veragting van
die woorde van God geskuil. Daar was ’n bedekte weerspreking—’n
betwyfeling van die goddelike waaragtigheid. Die Satan wou die
gedagte by Eva skep dat God nie sou doen wat Hy gese het nie;
dat die weerhouding van sulke heerlike vrugte n verloëmng was
van Sy liefde en barmhartigheid teenoor die mens. En nou ook het
die versoeker getrag om sy eie gevoelens in die hart van Christus
te verwek. “As U die Seun van God is.” Hierdie woorde het met
bitterheid geknaag in sy eie hart. Hy het die woorde geuiter met n
stembuiging wat die sterkste twyfel verraai het. Sou God Sy Seun