Die Versoeking
89
die woestyn ingegaan het om met die Satan die stryd te voer nie.
Vir vierduisend jaar reeds het die menslike geslag in liggaamlike
krag, verstandelike vermoëns, en in sedelike waarde afgeneem; en
Christus het die swak- hede van die ontaarde mensheid aangeneem.
Alleen op hierdie manier kon Hy die mens uit die dieptes van sy val
red.
Baie beweer dat Christus onmoontlik deur versoeking oorwin
kon word. As dit so is, kon Hy nie Adam se plek ingeneem het en
sou Hy nie die oorwinning kon behaal het waar Adam die neerlaag
gely het nie. As ons op enige wyse ’n groter stryd moet voer as wat
Christus gestry het, dan sou Hy nie in staat wees om ons te bewaar
nie. Maar ons Heiland het die menslike vlees met al die swakhede
daarvan aangeneem. Hy het die menslike natuur deelagtig geword
met die moont- likheid om in die versoeking te beswyk. Ons het
niks om te verduur wat Hy nie moes deurmaak nie.
Christus is, net soos die eerste mensepaar in Eden, versoek in
verband met die aptyt. Juis waar die sondeval begin het, moes die
verlossingswerk ook begin. Net soos Adam deur die toegewing
aan sy aptyt geval het, moes Christus, deur Sy aptyt te verloën,
oorwin. “En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy
naderhand honger gekry. En die versoeker het na Hom gekom en
gesê. As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.
Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van
brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van
God uitgaan.”
[112]
Van Adam af tot by Christus het selfbevrediging die mag van die
aptyt en van die hartstogte laat toeneem totdat hulle byna onbeperkte
heerskappy verkry het. Op hierdie wyse is die mense verlaag, en het
hulle allerhande siektes opgedoen en was dit vir hulle onmoontlik om
te oorwin. Christus het ten behoewe van die mens oorwin deur die
heftigste toets deur te maak. Om ons ontwil het Hv ’n selfbeheersing
beoefen sterker as die honger of die dood. En van hierdie eerste
oor- winning het daar ander dinge afgehang wat altyd op die spel is
in ons stryd met die magte van die duisternis.
Toe Jesus die woestyn ingegaan het, was Hy omring van die
heerlikheid van die Vader. Ten volle in beslag geneem deur gemeen-
skap met God, is Hy verhef bokant alle menslike swakhede. Maar
daardie heerlikheid het gewyk, en Hy is alleen gelaat om teen die