88
DIE KONING VAN DIE EEUE
Toe die Heiland gedoop is, was die Satan ook onder die toe- skou-
ers. Hy het gesien hoedat die heerlikheid van die Vader die Seun
bestraal het. Hy het die stem van Jehova hoor getuig van die godheid
van Jesus. Sedert Adam se val is die mense van regstreekse gemeen-
skap met God afgesny; die gemeenskap tussen hemel en aarde het
deur Christus geskied, maar nou dat Jesus “in die gelykheid van die
sondige vlees” (Rom. 8: 3), gekom het, het die Vader persoonlik
gespreek. Voorheen het Hy tot die mensdom gespreek deur Christus;
nou het Hy in Christus gespreek. Die Satan het gehoop dat die afsku
van God aan die sonde n ewige skeiding tussen hemel en aarde sou
maak; maar nou was dit duidelik dat die verbinding tussen God en
die mens weer herstel is.
Die Satan het besef dat hy óf moes oorwin óf oorwin sou word.
In die stryd was daar te veel op die spei om dit aan sy engele oor
te laat. Hy sou persoonlik die stryd voer. Al die afvallige magte het
saamgespan teen die Seun van God. Christus was die mikpunt van
elke helse wapen.
Baie mense beskou hierdie stryd tussen Christus en die Satan
asof dit geen besondere betrekking op hulle eie lewe het en dus
van geen belang vir hulle is nie; maar die stryd word in elke hart
weer herhaal. Nooit verlaat iemand die geledere van die Bose vir die
diens van God nie, of hy moet die aanvalle van die Satan verduur.
Die versoekings wat Christus weerstaan het, is juis die wat ons so
moeilik kan weerstaan. In die mate wat Sy karakter hoër is as ons s
[111]
n, moes Hy n heftiger stryd verduur. Met die verskriklike las van die
sonde van die wêreld op Hom, het Christus die toets op die gebied
van die aptyt, liefde tot die wêreld, en daardie liefde vir vertoon wat
lei tot aanmatiging, verduur. Dit was voor hierdie versoeking wat
Adam en Eva beswyk het en waardeur ons ook so maklik oorwin
word.
Die Satan het verwys na Adam se sonde as bewys dat Gods wet
onregverdig is en nie gehoorsaam kan word nie. In ons menslike
vlees moes Christus oorwin waar Adam die nederlaag gely het;
maar toe Adam deur die versoeker aangeval is, was hy nog nie
verswak deur die uitwerking van die sonde nie. Hy het in sy volle
manlike krag gestaan, in die volle krag van verstand en liggaam.
Die heerlikhede van Eden het hom omring, en hy was in daelikse
gemeenskap met hemelse wesens. Dit was nie so met Jesus toe Hy