Die Versoeking
87
wat sy heerskappy weerstaan het. Met groot belangstelling het die
Satan die offers wat Adam en sy seuns geoffer het, gadegeslaan. In
daardie sere- monies het hy ’n simbool gesien van die gemeenskap
tussen die aarde en die hemel. Hy het homself toe ten doel gestel om
hierdie gemeenskap te verbreek. Hy het ’n verkeerde voorstelling
van God gegee en van die f rites wat op die Verlosser gewys het.
Die mense is daartoe gebring om God te vrees as iemand wat behae
het in hulle vernietiging. Die offers wat Sy liefde moes openbaar, is
gebring om Sy toorn af te weer. Die Satan het die sondige hartstogte
van die mense opgewek ten einde hulle nog meer onder sy mag te
bring. Toe Gods geskrewe Woord gegee is, het die Satan die profe-
sieë oor die koms van die Verlosser ondersoek. Van geslag tot geslag
het hy gewerk om die mense te verblind met betrekking tot hierdie
profesieë, sodat hulle Christus tydens Sy koms sou verwerp.
By die geboorte van Jesus het die Satan geweet dat daar Een
gekom het met ’n goddelike opdrag om sy heerskappy te bestry.
Hy het gesidder toe die engel die gesag van die pasgebore Koning
aangekondig het. Die Satan was goed bekend met die posisie wat
Christus in die hemel as die Geliefde van die Vader beklee het. Die
feit dat die Seun van God as mens na hierdie aarde sou kom, het
hom met verbasing en vrees vervul. Hy kon nie die verborgenheid
van hierdie groot opoffering peil nie. Sy selfsugtige siel kon nie so
n groot liefde vir die verleide mensegeslag begryp nie. Die mens
het maar n flou begnp gehad van die heerlikheid en vrede van die
[110]
hemel, en die vreugde van gemeenskap met God; maar Lucifer, die
gerub wat beskut, was goed daarmee bekend. Sedert hy uit die hemel
gewerp is, was dit sy vaste voorneme om wraak te neem deur ook
ander in sy vál te laat deel. Hy sou dit doen deur hulle te beweeg om
hemelse dinge te onderskat en na aardse dinge te hunker.
Die Vors van die hemel sou nie sonder teenstand siele vir Sy
koninkryk win nie. Vandat Hy in Betlehem as kindjie gebore is,
is Hy voortdurend deur die Bose aangeval. Die beeid van God is
in Christus geopenbaar, en in die beraadslagings van die Satan is
daar besluit dat Christus oorwin moes word. Geen mensekind in die
wêreld gebore, kon ooit die mag van die Verleier ontwyk nie. Die
magte van die Bose-bondgenootskap is aangesê om oorlog te maak
teen Hom en Hom indien moontlik te oorwin.