Page 90 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Versoeking
EN Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die
Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei.” Die woorde
van Markus is nog meer betekenisvol. Hy sê: “En dadelik het die
Gees Hom uitgedryf in die woestyn. En Hy was daar in die woestyn
veertig dae lank toe Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam
met die wilde diere.” “En Hy het niks geëet in die dae nie.”
Toe Jesus in die woestyn gelei is om van die duiwel versoek te
word, is Hy deur die Gees van God gelei. Hy het nie die versoeking
uitgelok nie. Hy het na die woestyn gegaan om alleen te wees, om
oor Sy sending en Sy werk te peins. Deur vas en gebed moes Hy
Hom versterk vir die bloedbevlekte pad wat Hy moes bewandel. Die
Satan het geweet dat die Heiland na die woestyn gegaan het, en hy
het gemeen dat dit die beste tyd sou wees om Hom te nader.
Groot gevolge vir die wêreld was op die spel in die stryd tussen
die Vors van die Lig en die vors van die koninkryk van duisternis.
Nadat die Satan die mens verlei het om te sondig, het hy aanspraak
op die aarde gemaak en homself die owerste van hierdie wêreld
genoem. Ná hy die eerste mensepaar aan sy eie natuur gelykvormig
[109]
gemaak het, was dit sy plan om sy ryk op die aarde te bevestig. Hy
het verklaar dat die mense hom as hulle koning gekies het. Deur
sy beheer oor die mense het hy heerskappy oor die wêreld gevoer.
Christus het gekom om die aanspraak van die Satan te loënstraf. As
Seun van die mens sou Christus getrou bly aan God. Sodoende sou
Hy bewys lewer dat die Satan nie volkome beheer oor die mensdom
het nie, en dat sy aanspraak op die wêreld vals was. Almal wat
verlossing van die mag van die Satan begeer, sou vrygemaak word.
Die heerskappy wat Adam deur die sonde verloor het, sou herstel
word.
Sedert die aankondiging aan die slang in Eden, “Ek sal vyand-
skap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad”
(
Gen. 3- 15), het die Satan geweet dat hy nie absolute heerskappy oor
die wêreld het nie. Daar is in die mens die werking van n krag gesien
86