Die Doop
85
van God vir ons. Dit openbaar aan ons die krag van gebed — hoe
die mens- like stem die oor van God kan bereik en ons gebede in
die hemelse howe verhoor word. Deur die sonde is die aarde van die
hemel afge- sny en is ons vervreem van daardie gemeenskap, maar
Jesus het die aarde weer met die sfeer van heerlikheid verbind. Sy
liefde omring die mens en reik tot die hoogste hemele. Die lig wat
van die geopende hemel op die hoof van die Heiland geskyn het, sal
ook op ons skyn
[107]
as ons bid om hulp om versoeking te weerstaan. Die stem wat
met Jesus gespreek het, sê ook aan elke gelowige siel: “Dit is My
geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.”“Geliefdes, nou is ons
kinders van God en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie,
maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees,
omdat ons Hom sal sien soos Hy is.” 1 Joh. 3: 2. Ons Verlosser
het die weg geopen, sodat die grootste sondaars, diegene wat die
grootste behoefte het, die ellendiges, toegang tot die Vader mag hê.
Daar is vir almal ’n tuiste in die wonings wat Jesus gaan berei het.
“
Dit sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het,
wat oopmaak en niemand sluit nie. . . . Kyk, ek het voor jou ’n
geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie.” Openb. 3:7, 8.
[108]