Page 88 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

84
DIE KONING VAN DIE EEUE
vanuit die geopende hemele het hulle ’n stem gehoor wat sê: “Dit is
My geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.”
Hierdie woorde van bevestiging is gespreek om die wat die toneel
aanskou het, met geloof te besiel, en om die Heiland in Sy sending te
versterk. Nieteenstaande die feit dat die sonde van ’n doemwaardige
wêreld op Christus gelê is, en ondanks die vernedering wat Hy
ondergaan het om die gevalle menslike natuur aan te neem, het
[106]
die stem uit die hemel verklaar dat Hy die Seun van die Ewige
God is.Johannes was diep ontroer toe Hy Jesus daar neergekniel
sien, smekende met trane om die goedkeuring van die Vader. Toe die
heerlikheid van God Hom omstraal het, en die stem uit die hemel
gehoor is, het Johannes die teken herken wat God beloof het om
hom te gee. Hy het geweet dat dit die Verlosser van die wêreld was
wat hy gedoop het. Die Heilige Gees het oor hom gekom, en met
uitge- strekte arm het hy na Jesus gewys en uitgeroep: “Daar is die
Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!”
Niemand onder die skare, selfs nie Johannes nie, het die betekenis
van hierdie woorde, “Die Lam van God,” verstaan nie. Op die berg
Moria het Abraham sy seun hoor vra, “My vader . . . waar is die
lam vir ’n brandoffer?” Die vader het geantwoord: “God sal vir
Homself die lam vir ’n brandoffer voorsien, my seun.” Gen. 22: 7,
8.
In die ram wat op bonatuurlike wyse voorsien is in die plek van
Isak, het Abraham ’n sinnebeeld gesien van Hom wat sou sterf vir
die sondes van die mensdom. Die Heilige Gees het deur die profeet
Jesaja die sinnebeeld as volg verder verduidelik: “Soos ’n lam wat
na die slagplek gelei word,” het die Here “die ongeregtigheid van
ons almal op Hom laat neerkom.” Jes. 53: 7, 6. Maar die volk van
Israel het die les nie verstaan nie. Baie van hulle het die soenoffers
beskou soos die heidene hulle offerandes beskou het — as gifte
waarmee hulle self die Godheid kon bevredig. Die Here wou hulle
leer dat die gawe wat hulle met Hom sou versoen, uit Sy eie liefde
sou kom.
En die woorde wat tot Jesus by die Jordaan gespreek is, “Dit
is My geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het,” sluit die ganse
mensdom in. Die Vader het tot die Seun as ons verteenwoordiger
gespreek. Met al ons sondes en swakhede word ons nie as waardeloos
weggewerp nie. Hy het ons begenadig in die Geliefde. (Efe. 1: 6.)
Die heerlikheid wat op Christus gekom het, is ’n pand van die liefde