Page 87 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Doop
83
as een met God, maar Sy lewe op aarde sou Hy in eensaamheid
deurbring.
Vereenselwig met ons, moes Hy die las van ons skuld en ons
eilendes dra. Die sondelose Een moes die skande van die sonde
ondervind. Die liefhebber van die vrede moes te midde van verdeeld-
heid woon; die waarheid en valsheid, en reinheid en afskuwelikheid
moes saam woon. Elke sonde, elke wanklank, elke verlagende wellus
[105]
die gevolge van oortreding — was ’n marteling vir Sy gees.
Hy moes die weg alleen bewandel; alleen moes Hy die las dra.
Op Hom wat Sy heerlikheid afgelê het en die swakheid van die mens-
like natuur aangeneem het, sou die verlossing van die wêreld rus.
Hy het alles gesien en gevoel, maar Hy het onwrikbaar vas gestaan.
Die verlossing van die gevalle mensdom het van Hom afgehang, en
Hy het Sy hand uitgestrek om die hand van die ewige Liefde beet te
neem.
Toe Hy gebid het, het dit gelyk asof Sy blik tot die hemel deur-
dring. Goed het Hy geweet hoedat die sonde die harte van die mense
verhard het, en hoe moeilik dit vir hulle sou wees om Sy sending te
verstaan en die verlossing aan te neem. Hy het by die Vader gepleit
vir krag om hulle ongeloof te oorwin, om die bande te verbreek
waarmee die Satan hulle gebind het, en om die verwoester vir hulle
ontwil te oorwin. Hy het om ’n teken gevra dat God die mensheid
aanneem in die persoon van Sy Seun.
Nog nooit tevore het die engele na so ’n gebed geluister nie.
Baie graag wou hulle aan hulle geliefde Aanvoerder ’n boodskap
van ver- sekering en vertroosting bring. Maar nee, die Vader self
sou die gebed van Sy Seun beantwoord. Strale van Sy heerlikheid
het reg- streeks van Sy troon geskyn. Die hemel is geopen, en op
die hoof van die Heiland het die reinste lig in die vorm van ’n duif
neergedaal
die sinnebeeld van Hom, die sagmoedige en die nederige.
Van die groot menigte by die Jordaan het min mense behalwe
Johannes die hemelse gesig gesien. Tog het die mense wat daar by-
een was, onder die indruk gekom van die goddelike teenwoordigheid.
Die mense het stil gestaan met hulle oë op Christus gevestig. Sy
gestalte was omhul met die lig wat altyd rondom die troon van God
skyn. Terwyl Sy gesig na omhoog gekeer was, het dit gestraal van n
heerlikheid soos nog nooit in die gesig van ’n mens gesien is nie. En