82
DIE KONING VAN DIE EEUE
heilig en het ontsag ingeboesem. Onder die menigtes wat na hom
gekom het by die Jordaan, het Johannes duistere stories gehoor
van misdaad, en hy het siele ontmoet wat swaar gebuk gegaan het
onder ’n groot sondelas, maar nog nooit het hy ’n mens ontmoet
van wie daar so ’n goddelike invloed uitgegaan het nie. Dit was
alles in ooreenstemming met wat aan Johannes omtrent die Messias
geopenbaar is. Tog het hy baie geaarsel om aan Jesus se versoek
om gedoop te word te voldoen. Hoe kon hy, ’n sondige mens, die
sondelose Een doop? En waarom sou Hy wat.geen bekering nodig
gehad het nie, Homself onderwerp aan ’n rite wat ’n belydenis was
van die afwassing van skuld?
Toe Jesus gevra het om gedoop te word, het Johannes terug-
gedeins en uitgeroep: “Ek het nodig om deur U gedoop te word,
en kom U na my toe?” Beslis en met gesag het Jesus geantwoord:
“
Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.”
Johannes het gehoorsaam en die Verlosser in die Jordaan ingelei en
Hom onder die water begrawe. “En nadat Jesus gedoop was, het Hy
dadelik uit die water opgeklim en meteens gaan die hemele vir Hom
oop, en Hy sien die Gees van God soos ’n duif neerdaal en op Hom
kom.” Jesus het nie die doop ondergaan as ’n belydenis van skuld
op Sy eie rekening nie. Hy het Homself vereenselwig met sondaars
en die stappe en die werk gedoen wat ons moet doen. Sy lewe van
lyding en geduldige volharding ná Sy doop behoort ook vir ons n
voorbeeld te wees.
Toe Jesus uit die water gekom het, het Hy op die rivierwal neer-
gekniel om te bid. Hy sou ’n nuwe en belangrike tydperk ingaan.
Nou sou Hy in alle erns die stryd van Sy lewe begin. Hoewel Hy die
[104]
Vredevors was, sou Sy koms die ontbloting van die swaard wees.
Die koninkryk wat Hy sou oprig, was die teenoorgestelde van wat
die Jode begeer het. Hulle sou Hom wat die fondament van die
rituaal en ekonomie van Israel was, as die vyand en verwoester
daarvan beskou. Hy wat die wet op Sinai afgekondig het, sou as
’
n oortreder veroordeel word. Hy wat gekom het om die mag van
die Satan te verbreek, sou uitgeskel word as Beëlsebul, die owerste
van die duiwels. Geen sterweling op aarde het Hom verstaan nie,
en gedurende Sy bediening sou Hy alleen staan. Sy hele lewe lank
het Sy moeder en Sy broers Sy sending nie verstaan nie. Selfs Sy
dissipels het Hom nie begryp nie. Hy het die ewige lig bewoon,