Page 85 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Doop
DIE gerugte oor die profeet in die woestyn, en sy wonderbare
boodskap, het deur die hele Galilea versprei. Die boodskap het die
armes in die mees afgeleë dorpies in die berge, en die vissers by
die see bereik, en by hierdie eenvoudige, dog ernstige mense het dit
opregte weerklank gevind. In Nasaret, in die timmermanswinkel wat
aan Josef behoort het, is daarvan gepraat, en Een het die roepstem
herken. Sy uur het gekom. Hy het Sy werk gestaak, Sy moeder
gegroet, en Sy landgenote gevolg wat na die Jordaan gestroom het.
Jesus en Johannes die Doper was neefs; daar was ’n groot ooreen-
koms in die omstandighede van hulle geboorte, maar hulle het nog
nie regstreeks met mekaar kennis gemaak nie. Jesus het Sy dae te
Nasaret in Galilea deurgebring, en Johannes syne in die woestyn
van Judea. In omgewings wat heeltemal verskillend was, het hulle
in afsondering gelewe en geen aanraking met mekaar gehad nie. Die
Voorsienigheid het dit so beskik, sodat dit nie kon gesê word dat
hulle saamgespan het om mekaar te ondersteun in die aansprake wat
hulle gemaak het nie.
Johannes was bekend met die omstandighede van die geboorte
van Jesus. Hy het gehoor van Jesus se besoek aan Jerusalem in Sy
kinder- jare, en wat gebeur het in die skool van die rabbi’s. Hy het
geweet van Sy sondelose lewe en het geglo dat Hy die Messias
was, maar daar was by hom nie absolute sekerheid nie. Die feit dat
[103]
Jesus so lank onbekend gebly het, en geen besondere bewys van Sy
sending gegee het nie, was genoeg rede om te twyfel of Hy wel die
beloofde Messias kon wees. Johannes die Doper het egter in geloof
gewag en geglo dat alles op Gods eie tyd opgeklaar sou word. Dit
was aan Johannes geopenbaar dat die Messias hom sou vra om Hom
te doop en dat die teken van Sy goddelike karakter dan gegee sou
word. Dit sou hom in staat stel om Jesus aan die volk voor te stel.
Toe Jesus gekom het om gedoop te word, het Johannes in Hom
n reinheid van karakter bespeur soos hy nog nooit tevore in enige
mens gesien het nie. Selfs die atmosfeer wat Hom omring het, was
81