Page 84 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

80
DIE KONING VAN DIE EEUE
jou tin wegneem.” Jes. 4:4; 1:25. Vir die sonde, waar dit ook gevind
word, is God “’n verterende vuur.” Heb. 12: 29. In almal wat hulleself
aan Sy krag oorgee, sal die Gees van God die sonde verteer. Maar as
mense vasklem aan die sonde, vereenselwig hulle hulle daarmee, en
die heerlikheid van God wat die sonde verdelg, sal hulle ook verdelg.
[101]
Nadat Jakob met die engel geworstel het, het hy uitgeroep, “Ek het
God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered.”
Gen. 32: 30. Jakob was skuldig aan ’n groot sonde teen Esau, maar
hy het tot bekering gekom. Sy oortreding was vergewe en sy sonde
gereinig; daarom kon hy die openbaring van Gods teenwoordigheid
verduur. Maar wanneer mense voor God gekom het terwyl hulle
moedswillig sonde in hulle harte gekoester het, is hulle vernietig.
By die tweede koms van Christus sal die goddelose “met die asem
van Sy mond” verdelg en “deur die verskyning van Sy weder- koms
tot niet” gemaak word. 2 Thes. 2: 8. Die lig van die heerlikheid van
God wat lewe aan die regverdiges skenk, sal die goddelose verdelg.
In die tyd van Johannes die Doper het Christus op die punt
gestaan om te verskyn as die openbaarder van die karakter van
God. Sy teenwoordigheid sou aan die mense hulle sondes openbaar.
Alleen namate hulle gewillig sou wees om van hulle sondes gereinig
te word, kon hulle in gemeenskap met Hom kom. Alleen die reine
van hart sou Sy teenwoordigheid kon verduur.
So het die Doper dan die boodskap van God aan Israel verkondig.
Vele het gehoor gegee aan sy prediking. Baie het alles opgeoffer om
te kan gehoorsaam. Groot skares het hierdie nuwe leraar van plek
tot plek gevolg, en baie het gehoop dat hy die Messias sou wees.
Maar toe Johannes sien hoedat die mense hom volg, het hy gebruik
gemaak van elke geleentheid om hulle te wys op Hom wat sou kom.
[102]