Page 83 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Stem in die Woestyn
79
ook ander roep tot Sy diens. Dit mag nou skyn of hulle harte net
so lewenloos is soos die klippe van die woestyn, maar Sy Gees kan
hulle lewendig maak om Sy wil te doen en die vervulling van Sy
beloftes te verkry.
[100]
Maar die byl lê ook al,” het die profeet gesê, “teen die wortel
van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word
uit- gekap en in die vuur gegooi.” Die waarde van ’n boom word
geskat, nie volgens sy naam nie, maar volgens die vrugte wat hy dra.
As die vrugte waardeloos is, kan die naam van die boom hom nie
red van vernietiging nie. Johannes het aan die Jode gesê dat hulle
waarde voor God beslis sou word deur hulle karakter en lewe. ’n
Blote bely- denis was waardeloos. As hulle lewe en karakter nie in
ooreenstem- ming met Gods wet was nie, dan was hulle nie Gods
volk nie.
Onder sy hartdeursoekende woorde is sy hoorders tot oortuiging
gebring. Hulle het na hom gekom met die vraag: “Wat moet ons
dan doen?” Hy het geantwoord, “Wie twee kledingstukke het, moet
meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde
doen.” Hy het die tollenaars teen onwettigheid gewaarsku en die
soldate teen geweld.
Almal wat onderdane van Christus se koninkryk word, het hy
gesê, sou bewys lewer van geloof en bekering. Goedhartigheid,
vriendelik- heid, en getrouheid sou in hulle lewens gesien word.
Hulle sou uitdeel aan die behoeftiges, en hulle sou hulle offergawes
aan God bring. Hulle sou die weerloses beskerm, en voorbeelde wees
van goedheid en ontferming. Dit is die bewys wat die navolgers van
Christus sou gee van die wederbarende krag van die Heilige Gees.
In hulle daelikse lewe sal geregtigheid, genade, en die liefde van
God gesien word. So nie, sou hulle wees soos die kaf wat verbrand
sal word.
Ek doop julle wel met water tot bekering,” het Johannes gesê,
maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie
bekwaam is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige
Gees en met vuur.” Matt. 3: 11.
Die profeet Jesaja het voorspel dat die Here Sy volk sou reinig
van hulle ongeregtighede “deur die Gees van strafgerig en die Gees
van uitdelging.” Die woord van die Here aan Israel was, “Ek sal My
hand teen jou uitstrek en jou skuim soos met loog uitsuiwer en al