Page 82 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

78
DIE KONING VAN DIE EEUE
leërskare is Sy Naam: As hierdie verordeninge voor My aangesig sal
wyk, spreek die Here, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om
n volk te wees voor My aangesig vir altyd. So sê die Here: As die
[99]
hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder
nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel
verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die Here.” Jer.
31: 35-37.
Die Jode het hulle natuurlike verwantskap aan Abraham
beskou as iets wat hulle reg gegee het om aanspraak te maak op
hierdie belofte. Maar hulle het die voorwaardes wat God gestel het,
oor die hoof gesien. Voordat Hy die belofte aan hulle gegee het, het
Hy gesê, “Ek gee My wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle
hart; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk
wees. . . . Want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle
sonde nie meer dink nie”. Jer. 31: 33, 34.
Aan die volk in wie se hart Gods wet geskryf is, is die guns van
God verseker. Hulle is een met Hom. Maar die Jode het hulleself
afgeskei van God. Ten gevolge van hulle sondes het hulle gely onder
Sy oordele. Dit was ook die rede waarom hulle aan ’n heidense volk
onderworpe was. Hulle verstand is verduister deur oortreding, en
omdat die Here hulle in die verlede begunstig het, het hulle nie hulle
sondes ernstig opgeneem nie. Hulle het hulleself wysgemaak dat
hulle beter as ander mense is en dus geregtig op Gods seëninge was.
Hierdie dinge “is opgeskrywe as ’n waarskuwing aan ons op
wie die eindes van die eeue gekom het.” 1 Kor. 10: 11. Hoe dikwels
vertolk ons Gods seëninge verkeerd, en vlei ons onsself dat ons
begunstig word weens ons eie goedheid! God kan nie vir ons doen
wat Hy verlang om te doen nie. Ons gebruik Sy gawes om ons nog
meer selfvoldaan te laat voel en om ons harte te verhard in ongeloof
en sonde.
Johannes het aan die leraars van Israel gesê dat hulle hoogmoed,
selfsug, en wreedheid bewys gelewer het dat hulle n addergeslag, n
dodelike vloek vir die mense was, en nie die kinders van regverdige
en gehoorsame Abraham nie. Ondanks die lig wat hulle van God
ontvang het, was hulle selfs slegter as die heidene en nie beter as
hulle soos hulle gemeen het nie. Hulle het die steengroef vergeet
waaruit bulle gekap is, en die gat waaruit hulle gegrawe is. God
was me van hulle afhanklik vir die volvoering van Sy raadsbesluite
nie. Net soos Hy Abraham uit ’n heidense volk geroep het, kan Hy