Page 81 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Stem in die Woestyn
77
van die ou tyd. In sy maniere en kleding was hy soos die profeet
Elia. In die gees en krag van Elia hit hy die nasionale verdorwenheid
en die heersende sondes bestraf. Sy woorde was duidelik, kragtig,
en oor- tuigend. Vele het geglo dat hy een van die profete was wat
uit die dode opgestaan het. Die hele volk was in beroering. Skares
[98]
het na die woestyn gestroom.
Johannes het die koms .van die Messias aangekondig, en het die
volk tot bekering geroep. As simbool van reiniging van die sonde,
het hy hulle in die waters van die Jordaanrivier gedoop. So het hy
deur middel van ’n treffende, aanskouelike les verklaar dat diegene
wat voorgegee het om Gods uitverkore volk te wees, deur die sonde
be- soedel was en dat hulle sonder die reiniging van die hart geen
deel kon hê in die Messias se koninkryk nie.
Prinse, rabbi s, soldate, tollenaars, en die boerebevolking het
gekom om die profeet te hoor. Vir ’n tyd het die plegtige waarsku-
wing van God hulle ontstel. Vele het tot bekering gekom en is
gedoop. Mense van alle range het hulle onderwerp aan die profeet
se vereistes sodat hulle deelgenote kon word van die koninkryk wat
hy aangekondig het.
Baie van die skrifgeleerdes en Fariseërs het hulle sondes kom
bely en gevra om gedoop te word. Hulle het hulleself verhef as beter
as ander mense, en hulle het die volk gelei tot ’n hoë dunk van hulle
vroomheid; nou is die sondige geheime van hulle lewens geopenbaar.
Maar die Heilige Gees het aan Johannes getoon dat vele van hierdie
mense nie ’n ware oortuiging van die sonde gehad het nie. Hulle
was opportuniste. As vriende van die profeet het hulle gehoop om in
die guns te kom van die komende vors. Hulle het gedink dat as hulle
deur hom gedoop is hulle groter invloed by die volk sou hê.
Johannes het hulle begroet met die snydende vraag: “Adderge-
slag, wie het julle aangewys om weg te vlug van die toorn wat aan
kom is? Dra dan vrugte wat by die bekering pas; en moenie dink om
by julleself te sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle
dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te
wek.”
Die Jode het God se belofte van ewige begunstiging van Israel
verkeerd vertolk: “So sê die Here wat die son gee tot ’n lig oordag,
die ordeninge van die maan en van die sterre tot ’n lig in die nag;
wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, Here van die