Page 80 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

76
DIE KONING VAN DIE EEUE
Hom sonder vrees kan dien,
In heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons
lewe.”
Hy het sy volk gesien, bedrieg, selfvoldaan, en aan die slaap in
hulle sondes. Hy het verlang om hulle wakker te skud tot n heiliger
lewe. Die boodskap wat God aan hom gegee het om te verkondig,
was bedoel om hulle wakker te maak uit hulle slaap, en hulle te laat
sidder van weë hulle boosheid. Voordat die saad van die evangelie
gesaai kon word, moes die akker van die hart omgeploeg word.
Voordat hulle genesing by Jesus sou soek, moes hulle wakker gemaak
word om die gevaar van die wonde van die sonde te besef.
God stuur nie Sy boodskappers om sondaars te vlei nie. Hy
bring geen boodskap van vrede om die mense aan die slaap te sus in
n valse veiligheid nie. Hy spreek die gewete van die kwaaddoener
sterk aan, en deurboor die hart met pyle van oortuiging. Die dienende
engele hou die vreeslike oordele van God aan hom voor om hom sy
behoefte te laat besef en hom te dryf om uit te roep, “Wat moet ek
doen om gered te word?” Dan sal die hand wat hom tot in die stof
verneder het, die boetvaardige ophef. Die stem wat die sonde bestraf
en die hovaardige tot skande gebring het, sal dan met die grootste
ontferming vra, “Wat wil u hê dat Ek vir u sal doen?”
Toe Johannes sy bediening begin het, was die volk in ’n Staat van
opgewondenheid en ontevredenheid wat gegrens het aan ’n opstand.
By die verwydering van Archelaus, het Judea regstreeks onder die
kon- trole van Rome gekom. Die dwingelandy en afpersing van die
Romeinse goewerneurs, en hulle vasberade pogings om heidense
bole en gebruike in te voer, het opstand aangevuur wat die bloed van
[97]
duisende van Israel se helde gekos het. Dit alles het die haat teen
Rome aangeblaas en die verlange na verlossing van die Romeinse
mag versterk.
Te midde van die stryd en tweedrag is daar ’n stem in die woestyn
gehoor—’n stem ontstellend en gebiedend, dog vol hoop: “Bekeer
julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.” Met ’n
nuwe, vreemde krag het dit die volk beweeg. Die profete het die
koms van Christus voorspel as iets wat nog ver in die toekoms was;
maar hier was ’n aankondiging dat dit op hande was. Johannes se
snaakse voorkomste het sy hoorders laat terugdink aan die sieners