Page 79 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Stem in die Woestyn
75
van Hom wat sou wees soos “die more-lig by sonsopgang, ’n more
sonder wolke.” 2 Sam. 23: 4. In die helderheid van die middag het hy
die heerlikheid van Sy openbaring gesien wanneer “die heerlikheid
van die Here sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien.”
Jes. 40: 5.
Met ’n eerbiedige dog blymoedige gees het hy in die profetiese
rolle die openbarings aangaande die Messias se koms ondersoek
die beloofde Saad wat die kop van die slang sou vermorsel; Silo,
die bringer van vrede,” wat sou kom voordat ’n koning sou ophou
om te regeer op die troon van Dawid. Nou het die tyd gekom. ’n
Romeinse heerser het gesit in die paleis op Sion. In vervulling van
die vaste Woord van God, was die Christus alreeds gebore.
Dag en nag het hy Jesaja se treffende beskrywings van die heer-
likheid van die Messias studeer — die Spruit uit die stomp van Isai;
n Koning wat in geregtigheid sou regeer, en wat “die sagmoediges
van die land met billikheid” sal oordeel; “’n toevlug teen die wind, .
. .
die skaduwee van ’n swaar rots in ’n land wat versmag;” Israel
sal nie meer ’n “Verlatene” wees nie en sal nie meer ’n “Wildernis”
genoem word nie, maar sal deur die Here genoem word, “My wel-
behae, en jou land: Die getroude.” (Sien Jes. 40: 5; 11: 4; 32: 2; 62:
4.)
Die hart van die eensame banneling was vervul met die heerlike
visie.
Hy het die koning in Sy heerlikheid aanskou, en hy het homself
vergeet. Hy het die majesteit van heiligheid gesien en gevoel dat
hy self onbekwaam en onwaardig is. Hy was gereed om uit te gaan
as die boodskapper van die Hemel, onbevrees vir die mens, omdat
hy op God vertrou het. Hy kon fier en onbevrees staan voor aardse
[96]
konings, omdat hy laag neergebuig het voor die Koning van die
konings.
Johannes het nie volkome die aard van die Messias se koninkryk
verstaan nie. Hy het verwag dat Israel van sy nasionale vyande sou
verlos word; maar die koms van ’n Koning in geregtigheid, en die
bevestiging van Israel as ’n heilige volk, dit was die dinge waarop
hy gehoop het. Hy het verwag dat die volgende profesie vervul sou
word by sy geboorte:
Om . . . aan Sy heilige verbond te dink, . . .
Dat ons, verlos uit die hand van ons vyande,