Page 78 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

74
DIE KONING VAN DIE EEUE
die outydse profete, gemaak van kameelhaar, met ’n leergord om sy
heupe. Sy voedsel was “sprinkane en wilde heuning” wat hy daar
in die woestyn gekry het, en hy het die rein water van die berge
gedrink.
Maar Johannes het nie sy lewe in ledigheid deurgebring, of as
n kluisenaar, of in selfsugtige afsondering nie. Van tyd tot tyd
het hy uitgegaan en onder die mense beweeg, en hy was altyd ’n
belangstellende toeskouer van wat in die wêreld aangegaan het.
Vanuit sy stille woonplek het hy die ontwikkeling van sake dopgehou.
Met visie verlig deur die goddelike Gees, het hy die karakters van
mense bestudeer sodat hy kon weet hoe om hulle harte te bereik
met die boodskap van die hemel. Die las van sy roeping het op hom
gedruk. Deur afsondering, oorpeinsing en gebed, het hy gesoek om
sy siel te versterk vir sy lewenstaak.
Al het hy in die woestyn gewoon, was hy nie vry van versoeking
nie. Sover as wat hy kon, het hy al die kanale toegemaak waardeur
die Satan hom kon bereik, maar nogtans is hy deur die versoeker
aangeval. Maar sy geestelike begrippe was helder; hy het ’n sterk
karakter ontwikkel, en met die hulp van die Heilige Gees was hy in
Staat om Satan se strikke te sien en sy krag te weerstaan.
In die woestyn het Johannes sy skool en heiligdom gevind. Net
soos Moses in die berge van Midian, was hy deur Gods teenwoor-
digheid ingesluit en omring deur die tekens van Sy almag. Dit was
nie sy voorreg soos die van Israel se groot leier om te woon in die
majes- tueuse eensaamheid van die hoë berge nie; maar voor hom
was die hoogtes van Moab, anderkant die Jordaan, wat getuig het
van Hom wat die berge gegrondves en hulle met krag omgord het.
[95]
Die neer- slagtige aspek van die natuur in sy woestyntuiste was ’n
treffende beeid van die toestand van Israel. Die vrugbare wingerd
van die Here het ’n verlate plek geword. Maar bo-oor die woestyn
was die hemelgewelf, skitterend en pragtig. Die wolke wat saamge-
pak het, donker en dreigend, daarin het die reënboog geskyn. So ook
het daar bokant Israel se verlaging geskyn die beloofde heerlikheid
van die Messias-regering. Oor die wolke van wraak het gestrek die
reënboog van Gods genadeverbond.
Alleen in die stilte van die nag het hy Gods belofte aan Abraham
gelees van ’n nakroos ontelbaar soos die sterre. Die lig van die more-
glans wat die berge van Moab met goud geverf het, het gespreek