Page 77 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Stem in die Woestyn
73
As profeet sou Johannes “die harte van die vaders terugbring na
die kinders en die ongehoorsames na die gesindheid van die regver-
diges, om vir die Here ’n toegeruste volk te berei.” In die bereiding
van die weg vir Christus se eerste koms was hy n verteenwoordiger
van diegene wat ’n volk sou voorberei vir die Here se tweede koms.
Die wêreld is oorgegee aan selfbevrediging. Dwaalleer en fabels is
algemeen. Die Satan se strikke om siele te vang, is menigvuldig.
Almal wat die heiligmaking in die vrees van die Here wil volbring,
moet die lesse van matigheid en selfbeheersing leer. Die aptyt en
passies moet ondergeskik gemaak word aan die hoër kragte van die
verstand. Hierdie selfdissipline is nodig vir daardie verstandelike
krag en geestelike insig wat ons in staat sal stel om die heilige
waarhede van Gods Woord te verstaan en uit te lewe. Om hierdie
rede moet matigheid sy rol speel in die werk van voorbereiding vir
Christus se wederkoms.
In die natuurlike beloop van sake sou die seun van Sagaria
opgelei word vir die priestersamp; maar die opleiding wat hy in die
rabbynse skole kon kry, sou hom nie toegerus het vir sy werk nie.
God het hom nie na die teologiese leraars gestuur om te leer hoe om
die Skrifte te verklaar nie. Hy het hom na die woestyn geroep sodat
hy kon leer van die natuur en van die God van die natuur.
Dit was ’n eensa’me plek waar hy gewoon het, tussen dorre
berge, diep klowe, en spelonke, maar hy het verkies om die genot
van ’n weelderige lewe prys te gee vir die harde dissipline van die
woestyn. Daar het sy omgewing gepas by sy eenvoudige lewe van
selfverloëning. Ongestoor deur die rumoer van die wêreld, kon hy
[94]
daar die lesse van die natuur, die openbaring, en die Voorsienigheid
leer. Die woorde van die engel aan Sagaria is dikwels aan Johannes
herhaal deur sy godvresende ouers. Van kindsbeen af is sy roeping
hom voorgehou, en hy het die heilige pand aanvaar. Vir hom was
die eensaamheid van die woestyn ’n welkome ontkoming aan die
gemeenskap waar agterdog, ongeloof, en onreinheid byna algemeen
was. Hy het sy eie kragte gewantrou om die versoeking te weerstaan,
en hy het teruggedeins vir die aanraking met die sonde sodat hy nie
miskien die vreeslike sondig- heid van die sonde uit die oog verloor
nie.
Aan God gewy as ’n nasireër van kindsbeen af, het hy self die
wyding bevestig deur ’n heilige lewe. Sy kleed was soos die van