Page 76 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

72
DIE KONING VAN DIE EEUE
En die kindjie het gegroei en sterk geword in die gees; en hy
was in die woestyne tot op die dag van sy vertoning aan Israel.” Vóór
die geboorte van Johannes het die engel gesê, “Hy sal groot wees
voor die Here. En wyn en sterke drank sal hy nooit drink nie, en hy
sal vervul word met die Heilige Gees.” God het die seun van Sagaria
geroep tot n groot werk — die grootste werk wat ooit aan ’n mens
opgedra is. Om hierdie werk te kan doen, moet hy die Here hê om
saam met hom te werk. En die Gees van die Here sou met hom wees
as hy die opdrag van die engel sou gehoorsaam.
Johannes sou uitgaan as die boodskapper van Jehova om die
mense tot die lig van God te bring. Hy moes hulle gedagtes in
n nuwe rigting stuur. Hy moes hulle onder ’n indruk bring van
die heiligheid van Gods gebooie, en van hulle behoefte aan Sy
volmaakte geregtig- heid. So ’n boodskapper moet heilig wees. Hy
moet ’n tempel wees vir die inwoning van die Gees van God. Om
sy werk te kan doen, moet hy ’n gesonde gestel hê, en ook gesonde
verstandelike en geestelike krag. Dit was dus nodig vir hom om sy
aptyt en drifte in bedwang te hou. Hy moes in Staat wees om al sy
kragte onder beheer te bring sodat hy onder die mense kon staan,
onwrikbaar soos die rotse en berge van die woestyn.
In die tyd van Johannes die Doper was die gejaag na rykdom
en die liefde vir weelde en vertoon algemeen. Singenot, etery en
dri’nkerv, het siekte en ontaarding veroorsaak wat die geestelike
sin verdof en die besef van die sonde verminder het. Johannes sou
[93]
optree as hervormer. Deur sy matige lewe en eenvoudige kleding
moes hy die oordadigheid van sy tyd bestraf. Dit is om hierdie rede
dat die opdrag gegee is aan Johannes se ouers, naamlik die les van
matigheid deur n engel van die troon van die hemel.
In die kinder- en jongelingsjare is die karakter die vatbaarste; dit
is «dan wanneer selfbeheersing geleer moet word. Langs die haard
en by die familietafel gaan daar invloede uit wat tot in ewigheid
gevoel sal word. Meer as enige ander natuurlike gawe is dit die
gewoontes wat in daardie vroeë jare geleer word, wat beslis of die
man oorwinnaar sal wees of die neerlaag sal ly in die stryd van
die lewe. In die jeug is dit die saaityd. Dit is dan wanneer beslis
word watter soort oes daar sal wees vir hierdie lewe en die lewe
hiernamaals.