Page 75 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Stem in die Woestyn
71
beklee, is die een wat gekies is om die raadsbesluite van God aan
sondige mense bekend te maak.
Sagaria het die engel se woorde betwyfel. Hy sou nie weer praat
voordat daardie woorde vervul is nie. Die engel het aan hom gesê:
Kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie
dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word,
nie geglo het nie.” In hierdie diens was dit die werk v’ an die priester
om te bid vir die vergifnis van die openbare en nasionale sondes van
die volk en ook vir die koms van die Messias; maar toe Sagaria dit
wou doen, kon hy nie een woord uitkry nie.
Toe hy uitkom om die volk te seën “het hy aanhoudend vir hulle
beduie en stom gebly.” Hulle het reeds lank gewag en het begin vrees
dat die oordeel van God hom miskien getref het. Maar toe hy uit
die heilige plek uitkom, het sy gesig geblink van die heerlikheid van
God; “daarop bemerk hulle dat hy ’n gesig in die tempel gesien het.”
Sagaria het aan hulle beduie wat hy gesien en gehoor het; en “toe
die dae van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan.”
Kort ná die geboorte van die beloofde kind is die vader se tong
weer losgemaak “en hy het gepraat en God geloof. En daar het vrees
gekom oor almal wat rondom hulle woon, en daar is baie gepraat
oor al hierdie dinge in die hele bergstreek van Judea. En almal wat
dit gehoor het, het dit ter harte geneem en gesê: Wat sal tog van
hierdie kindjie word?” Die uitwerking van dit alles het ten gevolge
[92]
gehad dat die aandag op die koms van die Messias gevestig is vir
wie Johannes die weg moes berei.
Die Heilige Gees het oor Sagaria gekom, en in hierdie pragtige
woorde het hy die werk van sy seun beskryf:
En jy, kindjie, sal ’n profeet van die Allerhoogste genoem word,
Want jy sal voor die aangesig van die Here gaan om Sy
weë reg te maak;
Om kennis van verlossing aan sy volk te gee
In die vergifnis van hulle sondes,
Deur die innige barmhartigheid van onse God
Waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het,
Om te skyn oor die wat in duisternis en skaduwee van die
dood sit,
Om ons voete na die pad van vrede te rig.”