Page 74 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

70
DIE KONING VAN DIE EEUE
van die vaders terug te bring na die kinders en die ongehoorsames
na die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ’n toegeruste
volk te berei. Toe sê Sagaria vir die engel: Waaraan sal ek dit weet?
want ek is ’n ou man, en my vrou is op vergevorderde leeftyd.”
Sagaria het goed geweet hoe ’n seun aan Abraham gegee is in sy
ouderdom omdat hy geglo het dat die Een wat die belofte gegee het,
dit kon vervul. Maar vir n oomblik het die bejaarde priester aan die
swakheid van die menslike vlees gedink. Hy het vergeet dat God kan
doen wat Hy belowe. Wat ’n teenstelling is hierdie geloof met die
kinderlike geloof van Maria, die maagd van Nasaret, wat die engel
as volg geantwoord het: “Hier is die diensmaag van die Here. Laat
dit met my gaan volgens u woord.” Lukas 1: 38.
Die geboorte van ’n seun aan Sagaria, net soos die van Abraham
en die van Maria, moes ’n groot geestelike waarheid leer —’n waar-
heid wat ons maar stadig leer en baie gou vergeet. Van onsself is ons
onbekwaam tot enigiets goeds, maar wat ons nie kan doen nie, sal
gedoen word deur die krag van God in elke siel wat glo en homself
oorgee. Dit was deur die geloof dat die kind van belofte gegee is. Dit
is deur die geloof dat die wedergeboorte kom en ons in staat gestel
word om die werke van geregtigheid te doen.
In antwoord op Sagaria se versoek, het die engel gesê: “Ek is
Gabriel wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek
en jou hierdie goeie tyding te bring.” Vyfhonderd jaar tevore het
Gabriel aan Daniël die profetiese tydperk bekendgemaak wat sou J
[91]
strek tot die koms van Christus. Die wete dat die einde van hierdie
tydperk naby was, het Sagaria beweeg om te bid vir die koms van die
Messias. Nou het daardie einste boodskapper deur wie die profesie
gegee is, gekom om die vervulling daarvan aan te kondig.
Die woorde van die engel, “Ek is Gabriël wat voor God staan,
is bewys dat hy ’n hoë ereplek in die hemel beklee.” Toe hy die
boodskap aan Daniël gebring het, het hy gesê, “Daar is nie een
wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle
vors Migael [Christus].” Dan. 10: 21. Van Gabriël het die Heiland
in Openbaring gesê, “wat Hy deur die sending van Sy engel aan
Sy dienskneg Johannes te kenne gegee het.” Openb. 1:1. En aan
Johannes het die engel gesê: “Ek is ’n mededienskneg van jou en
van jou broeders, die profete.” Openb. 22: 9. Dis ’n wonderlike
gedagte — die engel wat die tweede ereplek langs die Seun van God