Page 73 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Stem in die Woestyn
ONDER die getroues in Israel wat so lank gewag het op die koms
van die Messias, het die voorloper van Christus verskyn. Die bejaarde
priester, Sagaria, en sy vrou, Elisabet, was “altwee regverdig voor
God;” en in hulle stil en heilige lewens het die lig van die geloof
geskyn soos ’n ster in die duisternis van daardie bose dae. Aan
hierdie godsalige egpaar is die belofte gegee van ’n seun wat “voor
die aangesig van die Here sou uitgaan wat die pad sal regmaak.”
Sagaria het in die berge van Judea gewoon, maar hy het na
Jerusalem gegaan om vir een week in die tempel te dien —’n diens
wat tweemaal per jaar verwag is van die priesters van elke afdeling.
En terwyl hy besig was om die priesteramp voor God te bedien in
die beurt van sy afdeling, het die lot volgens priesterlike gewoonte
op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here om reukwerk
te brand.”
Terwyl hy by die goue altaar besig was om reukwerk te brand, het
die rookwolk met die gebede van Israel voor God opgegaan. Skielik
was hy bewus van ’n goddelike teenwoordigheid. Daar was n engel
van die Here “wat staan aan die regterkant van die reukoffer altaar.
[90]
Die posisie van die engel daar was ’n teken van goedgunstigheid,
maar Sagaria het nie daaraan gedink nie. Vir jare reeds het hy gebid
vir die koms van die Verlosser, en nou het die hemel sy boodskapper
gestuur om aan te kondig dat sy gebede verhoor is; maar dit het vir
hom ongelooflik geklink. Hy was met vrees en selfver- oordeling
vervul”.
Die engel het hom met blymoedige versekering gegroet: “Moenie
vrees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet
sal vir jou n seun baar, en jy moet hom Johannes noem. En hy sal
blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly
wees; want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterke drank
sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees.
En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot hulle God. En
hy sal voor Hom uitgaan in die gees en krag van Elia, om die harte
69