Page 72 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

68
DIE KONING VAN DIE EEUE
elke lyer het Hy verligting gebring, want Sy vriendelike woorde was
soos balsem. Niemand kon sê dat Hy ’n wonderwerk verrig het nie,
[87]
maar krag, die genesende krag van liefde, het van Hom uitgegaan tot
die siekes en ellendiges. So het Hy, sonder opdringerigheid, gewerk
vir die mense van Sy kinderjare af. Dit was om hierdie rede dat so
vele, ná Hy Sy openbare bediening begin, na Hom geluister het.
En nogtans het Jesus, as kind, jongeling, en man, alleen gewandel.
In Sy reinheid en getrouheid, het Hy die parskuip alleen getrap, en
van die volk was daar niemand om Hom te help nie. Hy het die groot
verantwoordelikheid van die verlossing van mense gedra. Hy het
geweet dat tensy daar ’n bepaalde verandering kom in die beginsels
en doelwitte van die menslike geslag, almal verlore sou gaan. Dit
was die las van Sy siel, en niemand het die gewig besef wat op Hom
gedruk het nie. Vasberade en doelbewus het Hy die patroon van Sy
lewe gevolg dat Hy die lig van die mense sou wees.
[88]
[89]