Page 71 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Dae van Stryd
67
Dikwels was sy wankelend tussen Jesus en Sy broers wat nie
geglo het dat Hy van God gestuur is nie; maar die bewyse was oor-
vloedig dat Hy van ’n goddelike karakter was. Sy het gesien hoedat
[86]
Hy Hom- self opgeoffer het vir die voordeel van ander. Sy teen-
woordigheid het ’n reiner atmosfeer in die huis gebring, en Sy lewe
was soos suurdeeg wat in die elemente van die samelewing gewerk
het. Onskuldig en onbesoedel het Hy gewandel onder die onbedag-
sames, die onbeskofdes, die onhoflikes; en onder die onregverdige
tollenaars, die roekelose afgedwaaldes, die ongeregtige Samaritane,
die heidense soldate, die eenvoudige werksmense, en die gemengde
skare. Hier en daar het Hy woorde van medelyde gespreek waar Hy
mense gesien het, afgemat en swaar belas. Hy het hulle laste help
dra, en aan hulle die lesse meegedeel wat Hy uit die natuur geleer
het van die liefde, die vrien- delikheid, en die goedheid van God.
Hy het almal geleer om hulleself te beskou as bedeel met ryke
talente, wat, as hulle dit reg bestee, vir hulle ewige rykdom sou
besorg. Alle ydelheid het Hy uit die lewe uitgeroei, en deur Sy eie
voorbeeld het Hy geleer dat elke oomblik van tyd ewige resultate
kan hê, dat dit as ’n skat moet vertroetel word en gebruik moes word
vir heilige doeleindes. Hy het geen mens as waardeloos beskou nie,
maar het getrag om die redmiddel op elke siel toe te pas. In watter
geselskap Hy ook al was, het Hy lesse gegee wat gepas het by die
tyd en die omstandighede. Selfs diegene wat hopeloos gelyk het,
het Hy met hoop besiel, en hulle voor die moontlikheid gestel om
onberispelik te word met ’n karakter wat van hulle die kinders van
God sou maak. Dikwels het Hy in aanraking gekom met diegene wat
onder die beheer van die Satan was, en wat geen mag gehad het om
uit sy strikke los te kom nie. Vir so iemand, moedeloos, siek, in die
sonde geval, het Jesus woorde van die teerste ontferming gehad—
woorde op die regte tyd en wat verstaan kon word. Ander het Hy
ontmoet wat handgemeen met die sielevyand geraak het. Hulle het
Hy aangemoedig om te volhard, en Hy het hulle verseker dat hulle
sou win; want engele van God was aan hulle kant en sou hulle die
oorwinning gee. Diegene wat Hy so gehelp het, was oortuig dat Hy
iemand was in wie hulle die volste vertroue kon stel. Hy sou nooit
die geheime verklap wat hulle aan Hom vertrouelik vertel het nie.
Jesus het die liggaam sowel as die siel genees. Hy het belang
gestel in elke fase van lyding wat onder Sy aandag gekom het, eh aan