Page 70 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

66
DIE KONING VAN DIE EEUE
Herhaaldelik is aan Hom gevra, Waarom gedoog jy sulke be-
handeling, selfs van jou broers? Daar staan geskrywe, het Hy gesê,
My seun, vergeet My onderwysing nie, en laat jou hart My gebooie
bewaar; want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou
vermeerder. Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou
hals, skryf dit op die tafel van jou hart, dan sal jy genade vind en ’n
goeie insig in die oë van God en die mense.” Spr. 3: 1-4.
Van die tyd af dat Sy ouers Jesus in die tempel gevind het, was
Sy handelwyse ’n misterie vir hulle. Hy het nooit gestry nie, maar
nogtans was Sy voorbeeld ’n gedurige les. Hy was soos een wat
afgesonder is. Sy gelukkigste ure was wanneer Hy alleen met die
natuur en met God was. Wanneer Hy die kans gehad het, het Hy
Sy werkspiek verlaat en die veld ingegaan om in die groen klowe
te peins, om met God gemeenskap te hou op die berg, of onder die
bome van die bos. In die vroeë more is Hy dikwels gevind in die een
of ander afgesonderde plek waar Hy gepeins, die Skrifte ondersoek,
of gebid het. Van hierdie stil tye het Hy teruggekeer na Sy huis om
weer Sy werk te hervat en die voorbeeld van geduldige arbeid te stel.
Die lewe van Christus was gekenmerk deur respek en liefde vir
Sy moeder. Maria het in haar hart geglo dat die heilige kind wat
uit haar gebore is, die langverwagte Messias was, maar sy het nie
gewaag om te getuig van haar geloof nie. Deur Sy hele lewe op
aarde het sy gedeel in Sy lyde. Met droefheid was sy getuie van die
beproewings van Sy kinder- en jongelingsjare. Deur Sy kant te kies
vir die dinge wat reg was in Sy gedrag, het sy haarseif moeilikhede
op die hals gehaal. Sy het die huislike lewe en haar moedersorg vir
[85]
die kinders as ’n belangrike deel van karaktervorming beskou. Die
seuns en dogters van Josef het dit geweet, en deur hulle te beroep op
die angs van haar moederhart, het hulle probeer om die gedrag van
Jesus te reël volgens hulle standaard.
Maria het Jesus dikwels berispe en Hom vermaan om te handel
volgens die gebruike van die rabbi s. Maar sy kon Hom nie beweeg
om Sy gewoontes te verander ten opsigte van die oorpeinsing van
die werke van God, en die leniging van die nood van mense en selfs
van stomme diere nie. Waanneer die priesters en leraars Maria se
hulp ingeroep het om Jesus te bedwing, het sy in groot moeilik-
heid verkeer: maar daar het vrede in haar hart gekom wanneer Hy
skrifgedeeltes aangehaal het om Sy gebruike te staaf.