Page 69 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Dae van Stryd
65
dat die versoeker Sy lewe so swaar gemaak het, sodat hy Hom tot
die sonde kon verlei.
Maar vir elke versoeking het Hy een antwoord gehad, “Daar
is geskrywe.” Selde het Hy Sy broers bestraf, of Hy het ’n woord
van God daarvoor gehad. Dikwels het hulle Hom van lafhartigheid
be- skuldig omdat Hy nie wou. meedoen aan ’n verkeerde daad nie;
maar Sy antwoord was altyd, Daar is geskrywe, “Die vrees van die
Here is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand”. Job
28: 28.
Daar was sommige wat Sy geselskap opgesoek het en wat in
Sy teenwoordigheid vrede in hulle gemoed gevoel het; maar baie
het Hom vermy omdat Sy vlekkelose lewe hulle bestraf het. Sy
jong maats het by Hom aangedring om te maak soos hulle. Hy
was opgeruimd; hulle het van Sy teenwoordigheid gehou en Sy
voorstelle aangeneem; maar Sy gewetensbesware kon hulle nie duld
nie, en hulle het gemeen dat Hy eng en bekrompe was. Jesus het
geantwoord, Daar staan geskrywe, “Waarmee sal die jongeling sy
pad suiwer hou? Deur dit te hou na U woord.” “Ek het U woord in
my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie” Ps. 119: 9, 11.
Dikwels is aan Hom gevra, Waarom is jou gedrag so Sonderling,
so anders as ons s’n? Daar staan geskrywe, het Hy gesê, “Wel-
geluk- salig is die opregtes van weg wat in die wet van die Here
wandel. Welgeluksalig is die wat Sy getuienisse bewaar, Hom van
ganser harte soek; ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in Sy
weë wandel”. Ps. 119: 1-3.
[84]
Toe aan Hom gevra is waarom Hy nie aan die pret van die
jongmense van Nasaret meedoen nie, het Hy geantwoord, Daar staan
geskrywe, “Ek is vrolik in die weg van U getuienisse soos oor
allerhande rykdom. Ek wil U bevele oordink en op U paaie let. Ek
sal my verlustig in U insettinge, U woord sal ek nie vergeet nie.” Ps.
119: 14-16.
Jesus het nie gestry vir Sy regte nie. Dikwels moes Hy baie
swaar werk omdat Hy gewillig was en nooit gekla het nie. Maar
nogtans het Hy nie gefaal of moedeloos geword nie. Hy het bokant
die moeilikhede gelewe, soos in die lig van Gods aanskyn. Hy het
nie weerwraak geneem wanneer Hy sleg behandel is nie, maar Hy
het alle beledigings geduldig verdra.