Page 68 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

64
DIE KONING VAN DIE EEUE
dom, en tog het armoede Hom op elke stap van Sy lewe agtervolg.
Hy het ’n waardigheid en persoonlikheid gehad waar hoogmoed
en verwaandheid heeltemal uitgesluit was; Hy het nie gestrewe na
wêreldse grootheid nie, en selfs in die nederigste posisie was Hy
tevrede. Dit het Sy broers kwaadgemaak. Hulle kon Sy kalmte in
beproewing en ontbering nie verklaar nie. Hulle het nie geweet dat
Hy om ons ontwil arm geword het, sodat ons “deur Sy armoede ryk
kan word” nie. 2 Kor. 8: 9. Hulle kon die verborgenheid van Sy
sending net so min verstaan as die vriende van Job sy vernedering
en ellende kon verstaan.
Jesus se broers het Hom nie verstaan nie omdat Hy anders as
hulle was. Sy maatstaf was nie hulle maatstaf nie. Deur op mense
te sien, het hulle afgewyk van God en hulle het nie Sy krag in hulle
lewens gehad nie. Die godsdienstige vorms waaraan hulle voldoen
het, kon hulle karakter nie verander nie. Hulle het tiendes gegee van
kruisement en anys en koljander,” maar die “swaarste van die wet”
nagelaat, naamlik “die reg en die barmhartigheid en die trou.” (Matt.
23. 23.)
Die voorbeeld van Jesus het hulle gedurig aanstoot gegee.
Daar is net een ding in die wêreld wat Hy gehaat het, en dit was die
sonde. Hy kon nie ’n verkeerde daad sien sonder pyn wat Hy nie kon
verberg nie. Tussen die formaliste wie se skynheiligheid hulle lief de
vir die sonde bedek het, en ’n karakter waarin die ywer vir God altyd
die botoon gevier het, was die teenstelling onmiskenbaar. Omdat die
lewe van Jesus die sonde veroordeel het, moes Hy teenstand verduur
beide tuis en daar buite. Van Sy onselfsugtigheid en opregtheid is
[83]
daar met veragting gepraat. Sy verdraagsaamheid en vriendelikheid
is lafhartigheid genoem.
Van die bitterheid wat die mens moes verduur, was daar niks wat
Christus nie self ook gesmaak het nie. Daar was sommige wat getrag
het om Hom te smaad oor die omstandighede van Sy geboorte,
en selfs in Sy kinderjare moes Hy hulle veragting sien en hulle
gefluister hoor. As Hy daarop sou gereageer het deur ’n ongeduldige
woord of uitdrukking, as Hy aan Sy broers sou toegegee het deur
slegs een verkeerde daad, sou Hy nie daarin geslaag het om ons
volmaakte voorbeeld te wees nie. F.n Hy sou nie geslaag het met die
uitvoering van die plan vir ons verlossing nie. As Hy maar selfs sou
toegegee het dat daar ’n verskoning vir die sonde is, sou die Satan
getriomfeer, en die wêreld verlore gegaan het. Dit is om hierdie rede