Page 67 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Dae van Stryd
63
Hierdie skeidsmure het Hy afgebreek. In Sy kontak met mense het
Hy nie ge- vra, watter belydenis hulle toegedaan is, of aan watter
kerk hulle behoort nie Hy het hulp verleen aan almal wat hulp nodig
gehad het. Pleks van Homself op te sluit in ’n kluisenaarskerker
as bewys van Sy hemelse karakter, het Hy met erns gewerk vir die
mensdom. Hy het die beginsel geleer dat die godsdiens van die
Bybel nie bestaan uit die marteling van die liggaam nie. Hy het
[81]
geleer dat reine godsdiens nie bedoel was vir net bepaalde tye en
spesiale geleenthede nie. Te alle tye en op alle plekke het Hy ’n
liefdevolle belangstelling getoon in mense, en rondom Hom was die
lig van ’n opgeruimde vroomheid. Dit alles was ’n bestraffing vir die
Fariseërs. Dit het gewys dat godsdiens nie in selfsug bestaan het nie,
en dat hulle sieklike ywer vir eiebelang glad nie ware godsaligheid
was nie. Dit het hulle vyandig gemaak teenoor Jesus, en daarom
wou hulle Hom dwing om te voldoen aan hulle insettinge.
Jesus het gewerk om verligting te gee in elke geval van lyding
wat Hy teëgekom het. Hy het min geld gehad om te gee, maar Hy het
dikwels self honger gely om ander te help wat behoeftiger was as Hy.
Sy broers het gevoel dat Sy invloed hulle eie kragteloos gemaak het.
Hy het takt geopenbaar wat nie een van hulle gehad het, of begeer
het nie. Wanneer hulle arme, verlaagde mense hard aangespreek
het, het Jesus daardie mense opgesoek en hulle bemoedig. Aan die
be- hoeftiges het Hy ’n beker koue water gegee, en sonder om iets
te sê Sy eie voedsel aan hulle gegee. Waar Hy hulle ellende versag
het, het Hy die waarhede wat Hy geleer het, prakties toegepas, en so
[82]
is hulle in die geheue bevestig.
Hierdie handelwyse het Sy broers mishaag. Omdat hulle ouer as
Jesus was, het hulle gevoel dat hulle Hom kon hiet en gebied. Hulle
het Hom beskuldig dat Hy gedink het dat Hy hoër as hulle was, en
hulle het Hom bestraf omdat Hy Homself bokant hulle leraars en die
priesters en die owerstes van die volk gestel het. Dikwels het hulle
Hom gedreig en probeer bangmaak; maar Hy het voortgegaan en die
Skrifte as Sy gids geneem.
Jesus het Sy broers liefgehad en altyd vriendelik behandel; maar
hulle was jaloers op Hom; hulle het Hom verag en glad nie in Hom
geglo nie. Hulle kon nie Sy gedrag begryp nie. In Jesus is daar groot
teenstrydighede geopenbaar. Hy was die Seun van God, en nogtans
n hulpelose kind. As Skepper van die wêrelde was die aarde Sy eien-