Page 66 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

62
DIE KONING VAN DIE EEUE
die ver- digsels van mense gehoorsaam nie. Dit het geskyn of Jesus
die Skrifte van begin tot einde geken het, en Hy het hulle in hulle
ware betekenis voorgestel. Die rabbi’s het hulle geskaam om deur ’n
kind geleer te word. Hulle het gesê dat dit hulle werk was om die
Skrifte te ver- duidelik, en dat dit Sy plig was om hulle vertolking
daarvan aan te neem. Hulle was verontwaardig dat Hy hulle woord
sou bestry.
[80]
Hulle het geweet dat daar geen gesag was in die Skrifte vir
hulle tradisies nie. Hulle het besef dat Jesus, wat geestelike insig
betref, hulle ver voor was; maar hulle was nogtans kwaad omdat
Hy nie hulle bevele gehoorsaam het nie. Omdat hulle Hom nie kon
oortuig nie, het hulle Josef en Maria opgesoek, en hulle vertel van
Sy weiering om te gehoorsaam. Hy is bestraf en berispe.
Op vroeë leeftyd reeds het Jesus self begin handel in die vorming
van Sy karakter, en selfs nie Sy eerbied en liefde vir Sy ouers kon
Hom laat afwyk van Sy gehoorsaamheid aan Gods Woord nie. “Daar
is geskrywe” was Sy rede vir elke afwyking van die familiegewoon-
tes. Maar die invloed van die rabbi’s het Sy lewe bitter gemaak.
Selfs in Sy jeug moes Hy die swaar les van stilswye en geduldige
verdraag- saamheid leer.
Sy broers, soos die seuns van Josef genoem is, het kant gekies vir
die rabbi’s. Hulle het daarop aangedring dat die tradisies gehoorsaam
moes word asof hulle vereistes van God was. Hulle het selfs die
gebooie van mense hoër geag as die Woord van God, en hulle het
hulle baie vererg oor die helder insig van Jesus waar Hy onderskeid
gemaak het tussen die valse en die ware. Hulle het Sy nougesette
gehoorsaamheid aan die wet van God veroordeel as koppigheid.
Hulle was verbaas oor die wysheid en kennis wat Hy geopenbaar
het in Sy antwoorde aan die rabbi’s. Hulle het geweet dat Hy nie
deur die wyse manne onderrig is nie, maar hulle kon nie help om te
sien dat Hy hulle geleer het nie. Hulle het besef dat Sy opvoeding
van ’n hoër tipe was as hulle eie, maar hulle het nie gesien dat Hy
toegang gehad het tot die boom van die lewe nie, ’n bron van kennis
waarvan hulle nie geweet het nie.
Christus was nie eksklusief nie, en juis daardeur het Hy die Fari-
seërs spesiaal aanstoot gegee deur in hierdie opsig af te wyk van
hulle strenge reëls. Hy het gevind dat die godsdiens afgekamp was
met hoë skeidsmure, as iets wat te heilig was vir die alledaagse lewe.