Page 65 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Dae van Stryd
VAN sy prille jeug af was die Joodse kind omring van die voor-
skrifte van die rabbi’s. Vir elke handeling is onbuigbare reëls voor-
geskryf, selfs in die geringste besonderhede van die lewe. Deur die
onderwysers van die sinagoge is die jeug onderrig in die menig-
vuldige regulasies wat hulle as ortodokse Israeliete moes onderhou.
Maar Jesus het nie belanggestel in hierdie sake nie. Van kindsbeen af
het Hy onafhanklik gehandel van die rabbynse wette. Hy het gedurig
die geskrifte van die Ou Testament gestudeer; en die woorde, “So
spreek die Here” was altyd op Sy lippe.
Namate die toestand van die volk voor Hom geopen is, het Hy
ge-sien dat die voorskrifte van die samelewing en die voorskrifte van
God gedurig gebots het. Mense het die Woord van God versaak en
hulle eie teorieë verhef. Hulle het tradisionele rites nageleef wat geen
waarde gehad het nie. Hulle diens het uit blote seremonies bestaan;
die heilige waarhede wat daardeur geleer moes word, was vir die
aanbidders bedek. Hy het gesien dat hulle in hulle diens sonder
geloof, geen vrede gevind het nie. Hulle het nie daardie vryheid van
gees geken wat sou kom deur God in waarheid te dien nie. Jesus het
gekom om hulle die betekenis van die godsdiens te leer, en Hy kon
die vermenging van menslike voorskrifte met die goddelike gebooie
nie goedkeur nie. Hy het nie die voorskrifte en gebruike van die
[79]
leraars aangeval nie, maar toe Hy bestraf is vir Sy eie eenvoudige
gewoontes, het Hy die Woord van God aangehaal om Sy handelwyse
te regverdig.
Sagmoedig en onderdanig het Jesus probeer om diegene te be-
haag met wie Hy in aanraking gekom het. Omdat Hy so sagmoedig
en beskeie was, het die skrifgeleerdes en ouderlinge gemeen dat Hy
baie maklik beïnvloed sou word deur hulle leer. Hulle het by Hom
aan- gedring om die voorskrifte en tradisies wat deur oorlewering
van die outydse rabbi’s gekom het, aan te neem, maar Hy het aange-
dring op die gesag van die Heilige Skrifte daarvoor. Hy sou luister
na elke woord wat uit die mond van God uitgaan, maar Hy sou nie
61