Page 64 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

60
DIE KONING VAN DIE EEUE
begeer word en waar Sy afwesigheid nie opgemerk word nie. Dit is
juis om hierdie rede dat daar so dikwels moedeloosheid heers onder
die belydende navolgers van Christus.
[77]
Baie woon godsdiensoefeninge by, en hulle word verkwik en ver-
troos deur die Woord van God; maar deur nie te peins, te waak, en te
bid nie, mis hulle die seën, en vind hulle dat hulle armer is as voor
hulle dit ontvang het. Dikwels voel hulle dat God hulle hard behandel
het. Hulle sien nie dat dit hulle eie skuld is nie. Deur hulleself af te
skei van Jesus, het hulle die lig van Sy teenwoordigheid uitgesluit.
Dit sou baie goed wees vir ons om vir ’n uur elke dag te peins
oor die lewe van Christus. Ons moet dit punt vir punt neem sodat ons
verbeelding elke toneel kan inneem, veral die slottonele. Waar ons
so peins oor Sy soendood vir ons, sal ons vertroue op Hom standvas-
tiger, ons lewe verkwik, en ons meer deur Sy Gees vervul word. As
ons eindelik gered wil wees, moet ons die les van boetvaardigheid
en ootmoed aan die voet van die kruis leer.
Waar ons met mekaar omgaan, kan die een vir die ander ’n seën
wees. As ons aan Christus behoort, sal ons soetste herinneringe
van Hom wees. Ons sou graag van Hom praat, en waar ons met
mekaar van Sy liefde praat, sal ons harte weekgemaak word deur
goddelike invloede. Deur die sieraad van Sy karakter te aanskou, sal
ons “van gedaante verander na dieselfde beeid, van heerlikheid tot
heerlikheid.” 2 Kor. 3: 18.
[78]