Die Paasfees-Besoek
59
alleen namate hulle Sy lewe hulle eie maak. Die simboliese diens
het waarde gehad alleen in die mate dat dit die oë van die aanbidders
[76]
gevestig het op Christus as hulle persoonlike Saligmaker. God het
bedoel dat hulle biddend die sending van Christus sou ondersoek en
oorpeins. Maar wanneer die skares Jerusalem weer verlaat het, was
hulle so volkome in beslag geneem deur die reis en sosiale omgang
met hulle reisgenote, dat die diens wat hulle so pas by gewoon het
heeltemal vergeet is. Die Heiland het Hom nie aangetrokke gevoel
tot hulle reisgeselskap nie.
Waar Jesus alleen uit Jerusalem sou terugkeer met Josef en Maria,
het Hy gehoop om hulle aandag te vestig op die profesieë met
betrekking tot die lyde van die Verlosser. By Golgota het Hy getrag
om Sy moeder se droefheid te versag. Hy het nou aan haar gedink.
Maria sou Sy laaste foltering sien, en Jesus wou hê dat sy Sy sending
moes verstaan sodat sy krag sou hê om uit te hou wanneer die swaard
haar siel deurboor. Net soos Jesus van haar geskei was en sy Hom
drie dae lank in droefheid gesoek het, so sou Hy weer, wanneer Hy
vir die sondes van die wêreld geoffer word, drie dae vir haar verlore
wees. En wanneer Hy uit die graf sou voortkom, sou haar droefheid
weer in vreugde verander. Maar hoeveel beter sou sy die angs van
Sy dood kon verduur het as sy maar die Skrifte verstaan het waarop
Hy nou haar aandag wou vestig!
As Josef en Maria hulle vertroue op God sou gestel het deur
gebed en oorpeinsing, sou hulle die heiligheid besef het van die
pand wat aan hulle toevertrou was, en hulle sou Jesus nie uit die
oog verloor her nie. Deur een dag se agtelosigheid het hulle die
Heiland uit die oog verloor, en dit het hulle ’n soektog van drie dae
gekos om Hom weer te vind. So ook met ons; deur ydele geklets,
kwaadsprekery, of die ver- waarlosing van gebed, mag ons in een
dag die teenwoordigheid van die Heiland verbeur, en dit mag ’n
gesoek van baie dae in droefheid kos om Hom weer te vind, en die
vrede wat ons verloor het.
In ons omgang met mekaar, moet ons daarteen waak dat ons
Jesus nie vergeet, en voortgaan, nie wetende dat Hy nie by ons is nie.
Wanneer ons soveel aandag skenk aan wêreldse dinge dat ons geen
tyd het om te dink aan Hom op wie ons hoop vir die ewige lewe is nie,
dan skei ons onsself af van Jesus en van die hemelse engele. Hierdie
heilige wesens kan nie bly waar die Heiland se teenwoordigheid nie