Page 62 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

58
DIE KONING VAN DIE EEUE
end was, het hulle hulleself nie bestraf nie, maar die skuld op Jesus
gewerp.
[75]
Dit was natuurlik vir die ouers van Jesus om Hom te beskou as
hulle eie kind. Hy was daeliks by hulle, in menige opsig was Sy
lewe net soos die van ander kinders, en dit was moeilik vir hulle om
te besef dat Hy die Seun van God was. Hulle het gevaar geloop om
die seën van die teenwoordigheid van die Verlosser van die wêreld
nie te waardeer nie. Die droefheid wat Sy afwesigheid veroorsaak
het, en die sagte bestraffing wat Sy woorde ingehou het, was bedoel
om hulle onder die indruk te bring van die heiligheid van die pand
wat aan hulle toe- vertrou was.
In Sy antwoord aan Sy moeder het Jesus vir die eerste maal
getoon dat Hy Sy verhouding tot God verstaan het. Vóór Sy geboorte
het die engel aan Maria gesê, “Hy sal groot wees en die Seun van die
Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon
van Sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van
Jakob tot in ewigheid.” Lukas 1: 32, 33. Maria het hierdie woorde
in haar hart oorpeins; maar hoewel sy geglo het dat haar kind die
Messias van Israel sou wees, het sy nie Sy sending verstaan nie. Nou
het sy nie Sy woorde verstaan nie, maar sy het geweet dat Hy Sy
verwantskap aan Josef verwerp en Sy seunskap van God betuig het.
Jesus het nie Sy verwantskap aan Sy aardse ouers veronagsaam
nie. Van Jerusalem is Hy saam met hulle huis toe, en het hulle gehelp
met hulle swaar werk. Die verborgenheid van Sy sending het Hy in
Sy eie hart bewaar, geduldig wagtende op die bepaalde tyd wanneer
Hy Sy werk sou aanvaar. Vir agtien jaar nadat Hy besef het dat Hy
die Seun van God was, het Hy die band erken wat Hom gebind
het aan Sy ouerhuis in Nasaret, en Hy het Sy pligte as seun, broer,
vriend, en burger nagekom.
Toe Jesus ’n besef gekry het van Sy sending daar in die tempel,
het Hy kontak met die menigtes vermy. Sy begeerte was om stil
uit Jerusalem te vertrek, in geselskap van diegene wat die geheim
van Sy lewe geken het. Deur die dienste van die Paasfees wou God
Sy volk aftrek van hulle aardse sorge, en hulle herinner aan hulle
wonderbare verlossing uit Egipte. In hierdie werk wou Hy hulle die
belofte van verlossing van die sonde laat sien. Net soos die bloed van
die geslagte lam die huise van Israel bewaar het, so sou die bloed van
Christus hulle siele red; maar hulle kon deur Christus gered word