Die Paasfees-Besoek
57
Daar was groot verwarring toe hulle die stad verlaat het. Op weg
terug het die genot om saam met vriende en bekendes te reis hulle
so in beslag- geneem dat hulle nie vóór dit begin donker word,
opgemerk het dat Jesus nie daar was nie. Toe hulle klaargemaak het
[74]
om vir die nag te rus, het hulle die helpende hand van hulle kind
gemis. Omdat hulle gemeen het dat Hy by hulle reisgeselskap was,
het hulle hulle nie bekommer nie. Jonk soos Hy was, het hulle Hom
volkome vertrou, verwagtende dat Hy, wanneer dit nodig was, daar
sou wees om hulle te help soos Hy altyd gedoen het. Maar nou het
hulle onrustig geword. Hulle het die hele reisgeselskap deurgesoek,
maar tevergeefs. Hulle het gesidder toe hulle gedink het aan die
pogings van Herodes om Hom as suigeling dood te maak. Duistere
voorgevoelens het hulle harte vervul. Hulle het hulleself bitterlik
verwyt.
Teruggekom in Jerusalem, het hulle hulle soektog voortgesit. Die
volgende dag, waar hulle onder die aanbidders in die tempel beweeg
het, het ’n bekende stem hulle aandag getrek. Dit was onmiskenbaar;
geen ander stem was soos Syne nie, so ernstig en tog so melodieus.
In die skool van die rabbi’s het hulle Jesus gevind. Bly soos hulle
was, kon hulle nie hulle angs en droefheid vergeet nie. Toe Hy weer
by hulle was, het Sy moeder berispend gesê, “Kind, waarom het jy
so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.”
“
Waarom het u My gesoek?” het Jesus geantwoord. “Het u nie
geweet dat Ek in die dinge van My Vader moet wees nie?” Toe dit
lyk of hulle Sy woorde nie verstaan het nie, het Hy na bo gewys. Op
Sy gesig was ’n glans waaroor hulle verwonder was. Sy godheid het
deur Sy mensheid geflits. Toe hulle Hom in die tempel gevind het,
het hulle geluister na wat tussen Hom en die rabbi’s aangegaan het,
en hulle was verbaas oor Sy vrae en antwoorde. Sy woorde het ’n
gedagtegang laat ontstaan wat hulle nooit sou vergeet nie.
En Sy vraag aan hulle het ’n les bevat. “Het u nie geweet,” het
Hy gevra, “dat Ek in die dinge van My Vader moet wees nie?” Jesus
was besig met die werk waarvoor Hy na hierdie wêreld gekom het,
maar Josef en Maria het hulle s’n verwaarloos. God het groot eer aan
hulle bewys deur Sy Seun aan hulle toe te vertrou. Heilige engele
het die voetstappe van Josef gerig om die lewe van Jesus te bewaar,
maar vir ’n hele dag het hulle Hom, wie hulle nie vir een oomblik
moes vergeet nie, uit die oog verloor. En toe hulle kwelling op ’n