56
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die doktore het Hom begin ondervra, en hulle was verbaas oor Sy
antwoorde. Met die nederigheid van ’n kind het Hy die woorde van
die Skrif aangehaal, en n diepte van betekenis daaraan gegee waarvan
die wyse manne nooit gedroom het nie. As hulle dit sou gevolg het,
[73]
sou die waarhede waarop Hy hulle gewys het, ’n godsdienstige refor-
masie bewerkstellig het. Daar sou ’n diepgaande belangstelling in
geestelike dinge opgewek gewees het, en baie sou bereid gewees het
om Jesus aan te neem by die aanvang van Sy openbare bediening.
Die rabbi’s het geweet dat Jesus nie in hulle skole onderrig is
nie; en nogtans het Sy kennis van die profesieë hulle s’n ver oortref.
Hierdie skrander Galilese seun het vir hulle veelbelowend gelyk.
Hulle wou Hom graag inskryf as student, sodat Hy ’n leraar in Israel
kon word. Hulle wou graag Sy opvoeding onderneem, want hulle het
gevoel dat ’n verstand wat so oorspronklik was, deur hulle gevorm
moes word.
Die woorde van Jesus het hulle harte aangeroer soos geen mens-
like woorde nog ooit gedoen het nie. God het gesoek om lig aan
daardie leiers in Israel te gee, en Hy het die enigste middel gebruik
waardeur dit gedoen kon word. In hulle hoogmoed sou hulle geaarsel
het om te erken dat iemand anders hulle kon leer. As hulle gedink
het dat Jesus hulle wou leer, sou hulle nie na Hom geluister het
nie. Maar hulle het hulleself gevlei dat hulle Hom geleer het, of ten
minste dat hulle Sy kennis van die Skrifte getoets het. Die kinderlike
ingetoën- heid en minsaamheid van Jesus het hulle ontwapen van
hulle vooroordeel. Onbewus is hulle verstand geopen vir die Woord
van God, en die Heilige Gees het tot hulle harte gespreek.
Hulle kon nie help om te sien dat hulle verwagtings in verband
met die Messias nie deur die profesieë gestaaf is nie, maar hulle
wou nie die teorieë prysgee wat hulle eiewaan so gevlei het nie.
Hulle wou nie toegee dat hulle die Skrifte wat hulle kastig geleer het,
verkeerd verstaan het nie. Vraend het die een die ander aangekyk,
en gesê: Waar kom hierdie jongeling ian die kennis, aangesien Hy
nooit geleer het nie? Die lig het in die duisternis geskyn, en “die
duisternis het dit nie oorweldig nie.” Joh. 1: 5.
In die tussentyd het Josef en Maria in die grootste nood verkeer.
By hulle vertrek uit Jerusalem het hulle Jesus uit die oog verloor,
en hulle het nie geweet dat Hy agtergebly het nie. Die land was
destyds dig bewoon, en die karavane van Galilea was baie groot.