Page 59 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Paasfees-Besoek
55
met die ander aanbidders het Hy neergebuig terwyl die wolk van
wie rook voor God opgestyg het. Hy het die indrukwekkende rituaal
[71]
in verband met die pasga gevolg. Dag na dag het Hy die betekenis
al duideliker gesien. Elke toneel daar, het Hy gevoel, het in noue
verband gestaan met Sy eie lewe. Nuwe drange het in Hom wakker
geword. Stil en belangstellend, was Hy besig met die ontrafeling van
n groot probleem. Die Heiland het stadigaan bewus geword van die
misterie van Sy sending.
Verdiep in die oorpeinsing van hierdie tonele, het Hy nie aan die
sy van Sy ouers gebly nie; Hy het eensaamheid gesoek. Na afloop
van die Paasfeesdienste, het Hy nog in die tempelhowe vertoef, en
toe die feesgangers uit Jerusalem vertrek het, is Hy agtergelaat.
Met hierdie besoek aan Jerusalem was dit die begeerte van Sy
ouers om Hom in aanraking te bring met die leraars in Israel. Hoewel
Hy in alle opsigte gehoorsaam was aan die Woord van God, het Hy
nie meegedoen aan die rabbynse rites en gebruike nie. Josef en
Maria het gehoop dat Hy daartoe gebring sou word om die geleerde
rabbi’s te eerbiedig, en om ag te slaan op wat hulle vereis het. Maar
Jesus is in die tempel deur God geleer. Wat Hy daar ontvang het, het
Hy dadelik begin meedeel.
In daardie dae is ’n sekere vertrek van die tempel gebruik as
heilige skool, min of meer soos die skool van die profete. Daar het
vooraanstaande rabbi’s met hulle leerlinge vergader, en daarheen
ook het Jesus gegaan. Hy het aan die voete van hierdie ernstige,
geleerde manne gaan sit en geluister na hulle onderrig. Soos een wat
na kennis soek, het Hy hierdie leraars begin ondervra omtrent die
profesieë, en die gebeurtenisse wat in daardie tyd gewys het op die
koms van die Messias.
Jesus het daar gesit soos een wat gedors het na ’n kennis van
God. Sy vrae het baie diep waarhede aangeraak wat lank verduister
maar tog so absoluut nodig was vir die redding van siele. Terwyl dit
bewys het hoe eng en oppervlakkig die wysheid van die wyses was,
het elke vraag hulle voor ’n goddelike les gebring en die waarheid
in n nuwe lig geplaas. Die rabbi’s het gepraat van die wonderbare
opheffing wat die koms van die Messias aan die Joodse nasie sou
bring, maar Jesus het verwys na die profesie van Jesaja, en hulle die
betekenis gevra van daardie skrifture wat gewys het op die lyde en
dood van die Lam van God.
[72]