Page 58 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

54
DIE KONING VAN DIE EEUE
[70]
Die viering van die Paasfees het ontstaan by die geboorte van
die Hebreeuse nasie. Op die laaste nag van hulle slawerny in Egipte,
toe daar nog geen teken van hulle verlossing was nie, het God hulle
beveel om klaar te maak vir onmiddellike verlossing. Hy het Farao
gewaar- sku aangaande die laaste plaag oor Egipteland, en Hy het
die Hebreërs beveel om met hulle kinders in hulle eie huise te bly.
Nadat hulle die bloed van die geslagte lam aan die deurposte gestryk
het, moes hulle daardie lam, oor die vuur gebraai, eet, saam met die
ongesuurde brood en die bitter sous. “En so moet julle dit eet:” het
Hy gesê, “Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete
en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. ’n Pasga van
die Here is dit”. Exod. 12: 11. Te middernag is al die eersgeborenes
van die Egiptenaars om die lewe gebring. Toe het die koning ’n
boodskap aan Israel gestuur, “Maak julle klaar, trek weg onder my
volk uit, . . . en gaan dien die Here soos julle gespreek het.” Exod.
12: 31.
Die Hebreërs het Egipteland verlaat, ’n onafhanklike volk.
Die Here het beveel dat hulle die Paasfees elke jaar moes hou. “En
as julle kinders julle vra,” het Hy gesê, “wat beteken die diens daar?”
dan moet julle sê: Dit is ’n paasoffer aan die Here wat by die
huise van die kinders van Israel in Egipte verbygegaan het toe Hy
die Egiptenaars getref het maar ons huise gered het.” So moes die
verhaal van die wonderbare verlossing van geslag tot geslag vertel
word.
Die Paasfees is gevolg deur ’n sewedaagse fees van ongesuurde
brood. Op die tweede dag van die fees is die eerstelinggerf van die
jaar se oes —’n gerf gars — voor die Here opgehef. Al die seremo-
nies van die fees was tipies van die werk van Christus. Die verlossing
van Israel uit Egipte was ’n aanskoulike les van die verlossing deur
Christus, en die Paasfees moes altyd daaraan herinner. Die geslagte
lam, die ongesuurde brood, en die eerstelinggerf het die Verlosser
voorgestel.
Vir die meeste mense in die tyd van Christus het die viering
van hierdie fees ontaard in blote formalisme. Maar dit het betekenis
gehad vir die Seun van God!
Vir die eerste maal het die kind Jesus die tempel gesien. Hy het
die priesters in wit gekleed gesien, besig met hulle plegtige werk.
Hy het die bebloede slagoffer op die brandofferaltaar gesien. Saam