Page 57 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Paasfees-Besoek
ONDER die Jode is die twaalfde jaar beskou as die skeidingsjaar
tussen die kinder- en jongelingsjare. As hy twaalf jaar oud is, is
die Joodse seun genoem ’n seun van die wet, en ook ’n seun van
God. Dan is aan hom spesiale geleentheid gegee vir godsdiens-
onderrig, en daar is verwag dat hy moet deelneem aan die heilige
feeste en gebruike. Dit was ooreenkomstig hierdie gebruik dat Jesus
as jongeling die paasfees-besoek na Jerusalem afgelê het. Soos alle
vrome Israeliete sou doen, het Josef en Maria elke jaar na Jerusalem
gegaan vir die Paasfees; toe Jesus dus die ouderdom bereik het, het
hulle Hom saamgeneem.
Daar was drie jaarlikse feeste, naamlik die Paasfees, Pinksterfees,
en die Huttefees, wat al die mans, op bevel van die Here, te Jerusalem
moes bywoon. Van al hierdie feeste was die Paasfees die beste by-
gewoon. Baie het gekom uit alle lande waar die Jode verstrooi was,
en uit alle dele van Palestina het die aanbidders in groot getalle
op- gekom. Die reis van Galilea het etlike dae in beslag geneem,
en die reisigers het in groepe gegaan vir geselskap en beskerming.
[69]
Die vroue en bejaarde manne het op osse of esels gery oor die steil
en klipperige paaie. Die sterker mans en die jongmense het te voet
geloop. Die Paasfees het aan die einde van Maart of begin van April
geval, wanneer die veld vol blomme was en gejuig het van die sang
van voëls. Orals langs die pad was daar plekke van geskied- kundige
belang vir Israel, en die vaders en moeders het aan die kinders vertel
van die wonders wat God gedoen het vir Sy volk in die verlede. Hulle
het die reis ligter gemaak met sang en musiek, en dan, wanneer die
torings van Jerusalem eindelik in sig gekom het, het almal die lied
aangehef:
Ons voete staan
In jou poorte, o Jerusalem! . . .
Mag daar vrede wees in jou skanse,
Rus in jou paleise!”
53