Page 56 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

52
DIE KONING VAN DIE EEUE
Jesus is ons voorbeeld. Daar is vele wat groot belang stel in die
tydperk van Sy openbare bediening, terwyl hulle geen ag slaan op
die. lesse van Sy jeug nie. Maar dit is in Sy huislike lewe dat Hy die
[67]
voorbeeld vir alle kinders en jongmense is. Die Heiland het armoede
aangeneem, sodat Hy kon leer hoe naby ons in ons nederige lot by
God kan wandel. Hy het gelewe om Sy Vader in die gewone dinge
van die lewe te behaag, te eer, en te verheerlik. Sy werk het begin
in die heiliging van die nederige werk van die ambagsmanne wat
swoeg vir hulle daelikse brood. Toe Hy by die skaafbank gewerk
het, was Hy net soseer in die diens van God as toe Hy wonderwerke
vir die skares verrig het. En elke jongmens wat die voorbeeld van
getrouheid en gehoorsaamheid volg wat Christus in Sy eenvoudige
ouerhuis gestel het, mag die woorde op homself toepas wat die Vader
van Hom gesê het deur die Heilige Gees: “Daar is My kneg wat Ek
ondersteun, My Uitverkorene in wie My siel ’n welbehae het.” Jes.
42: 1.
[68]