Page 55 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

As ’n Kind
51
kan verduur en nog enkel vir die heerlikheid van God kan lewe. Dit
is waar Christus ’n helper is. Hy was nooit so in beslag geneem
deur. die sorge van die lewe dat daar geen tyd vir hemelse dinge
[66]
was nie. Dikwels het Hy uiting gegee aan Sy vreugde deur psalms
en hemelse liedere te sing. Baiemaal het die bewoners van Nasaret
Sy stem gehoor in lof en danksegging aan God. Hy het in sang
gemeenskap met die hemel gehad, en waar Sy metgeselle gekla het
dat hulle moeg was van die werk, is hulle opgebeur deur Sy sang.
Wanneer Hy God geloof het, het dit die bose engele verjaag, en,
soos wierook die plek met ’n soete geur vervul. Dit het die gedagtes
van diegene wat Hom gehoor het, weggeneem van hulle aardse
ballingskap en gevestig op die hemelse wonings.
Jesus was die fontein van genesende genade vir die wêreld, en
deur al die jare van afsondering in Nasaret, het Sy lewe uitgevloei in
strome van teerheid en medelyde. Die oues van dae, die treurendes,
die wat met sonde belas was, die kinders waar hulle onskuldig ge-
speel het, die klein diertjies van die bosse, en die geduldige lasdiere
almal was gelukkiger ten gevolge van Sy teenwoordigheid. Hy
wie se magwoord die wêrelde in stand hou, sou neerbuk om ’n be-
seerde voëltjie te help. Daar was niks te gering vir Hom om op te
merk nie, niks wat Hy benede Hom geag het nie.
Waar Hy so opgewas het in wysheid en in grootte, het Jesus
toe- geneem in guns by God en die mense. Hy het die medelyde
van alle harte getrek omdat Hy medelyde met almal gehad het. Die
atmosfeer van hoop en moed wat Hom omring het, het Hom ’n seën
in elke huis gemaak. Dikwels op die Sabbat is Hy gevra om in die
sinagoge die les uit die profete te lees, en die harte van die hoorders
is getref waar daar nuwe lig gestraal het uit die bekende woorde van
die Heilige Skrif.
Maar Jesus het altyd vertoon vermy. Gedurende al die jare van
Sy verblyf in Nasaret, het Hy geen vertoon gemaak van Sy won-
derwerkende krag nie. Hy het geen hoë posisie gesoek of hoë titels
aanvaar nie. Sy stil en eenvoudige lewe, en selfs die stilswye van
die Skrifte oor Sy vroeë jare, leer ’n belangrike les. Hoe stiller en
eenvoudiger die lewe van die kind — hoe vryer dit is van kunsmatige
opwinding en hoe meer dit in harmonie is met die natuur — des te
voordeliger sal dit wees vir sy fisiese, verstandelike, en geestelike
krag.