Page 54 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

50
DIE KONING VAN DIE EEUE
verskillig gebruik nie, maar op so ’n manier om gesondheid te
bevorder, sodat Hy op elke gebied die beste werk kon lewer. Hy
was nie. gewillig om onhandig te wees, selfs in die hantering van
[65]
Sy gereedskap nie. As werksman was Hy volmaak, en in karakter
was Hy volmaak. Deur Sy eie voorbeeld het Hy geleer dat dit ons
plig is om werk- saam te wees, dat ons werk reg en deeglik gedoen
moet word, en dat dit ’n eer is om te werk. Die oefeninge wat die
hande leer om bruikbaar te wees, en wat jongmense leer om hulle
deel van die lewenslaste te dra, gee fisiese krag en ontwikkel al
ons vermoëns. Almal behoort iets te vind om te doen wat hulle tot
voordeel sal strek en ander sal help. God het werk beskik as ’n seën,
en alleen die ywerige werker sal die wäre heerlikheid en vreugde van
die lewe vind. Kinders en jongmense wat blymoedig hulle deel van
die huiswerk doen, en vader en moeder help, dra Gods goedkeuring
weg. Sulke kinders sal later die ouerhuis verlaat as bruikbare lede
van die samelewing.
Deur Sy hele aardse lewe was Jesus ’n ernstige en getroue werker.
Hy het veel verwag daarom het Hy veel gewaag. Ná Hy Sy bediening
begin het, het Hy gesê, “Ek moet die werke doen van Hom wat My
gestuur het, solank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan
werk nie.” Joh. 9: 4. Jesus het nie probeer om verantwoordelikheid
te vermy soos baie van Sy sogenaamde volgelinge vandag doen nie.
Dit is omdat hulle hierdie dissipline wil ontduik dat so baie swak en
onbekwaam is. Hulle mag baie goeie eienskappe hê, maar hulle het
geen ruggraat nie en is omtrent hopeloos wanneer daar moeilikhede
en struikelblokke is om te oorwin. Daardie beslistheid en energie,
daardie vastheid van karakter, wat ons in Christus sien, moet ook in
ons ontwikkel word deur dieselfde dissipline wat Hy verduur het.
En die genade wat Hy ontvang het, is ook vir ons.
Solank as Hy onder die mense gelewe het, het ons Heiland in
die lot van die armes gedeel. Hy het uit ondervinding die sorge
en ontberings geken, en Hy kon alle nederige werkers vertroos en
be-moedig. Diegene wat ’n ware begrip het van die leer van Sy lewe,
sal nooit voel dat daar ’n onderskeid tussen die klasse moet wees,
en dat die rykes bokant die waardige armes vereer moet word nie.
Jesus het gewerk met opgeruimdheid en takt. Dit vereis baie
geduld en geestelikheid om Bybelse godsdiens in te bring in die
huis en in die werkspiek, sodat ons die druk van wêreldse besigheid