As ’n Kind
49
was nodig vir Hom om gedurig te waak om Sy reinheid te bewaar.
Hy moes die- selfde stryd stry wat ons moet stry, sodat Hy vir ons
as kind, jongeling, en man ’n voorbeeld kon wees.
[64]
Die Satan was onvermoeid in sy pogings om die Kind van Nasa-
ret te oorwin. Van Sy vroegste jare af is Jesus deur engele beskerm,
maar Sy lewe was een lang stryd teen die magte van die duisternis.
Dat daar op die aarde een lewe sou wees wat nie deur die sonde
besoedel was nie, was ’n aanstoot vir die vors van die duisternis. Hy
het alles probeer om Jesus in ’n strik te lei. Geen mensekind sal ooit
geroep word om ’n heilige lewe te lei te midde van so ’n feile stryd
met die versoeking soos ons Heiland nie.
Die ouers van Jesus was arm en afhanklik van hulle daelikse
werk. Hy het armoede, selfverloëning, en ontbering geken. Hierdie
ondervinding was ’n beskerming vir Hom. Omdat Hy moes werk,
was daar geen ledigheid om versoeking uit te lok nie. Geen ledige
ure het die weg geopen vir verderflike invloede nie. Sover moontlik
het Hy die deur gesluit vir die versoeker. Nóg voordeel nóg plesier,
en geen applous of bestraffing kon Hom beweeg tot een verkeerde
daad nie. Hy was wys om die sonde raak te sien, en sterk om dit te
weerstaan.
Christus was die enigste sondelose persoon wat ooit hierdie aarde
betree het, ten spyte van die feit dat Hy vir byna dertig jaar tussen die
bose bewoners van Nasaret gewoon het. Hierdie feit is ’n bestraffing
vir diegene wat dink dat hulle ’n sekere woonplek, geld, of voor-
spoed moet hê om ’n onberispelike lewe te lei. Versoeking, armoede
en beproewing is juis die dissipline wat nodig is om reinheid en
standvastigheid te ontwikkel.
Jesus het in die huis van ’n arm man gewoon, en Hy het opge-
ruimd en getrou Sy deel bygedra om die laste van die gesin te dra.
Hy was die gesagvoerder in die hemel, en engele het graag Sy bevele
uitgevoer; nou was Hy ’n dienswillige dienskneg, ’n liefdevolle,
gehoorsame seun. Hy het ’n ambag geleer, en met Sy eie hande het
Hy in die timmermanswinkel van Josef gewerk. In die eenvoudige
drag van ’n gewone dagloner het Hy die strate van die klein dorpie
bewandel na Sy nederige werk, en terug. Hy het nie Sy goddelike
krag gebruik om Sy laste en Sy werk te verlig nie.
Waar Jesus in Sy kinder- en jongelingsjare gewerk het, het Sy
liggaam en verstand ontwikkel. Hy het nie Sy liggaamskragte on-