48
DIE KONING VAN DIE EEUE
ywerig Sy jongelingsjare bestee is aan die studie van Gods Woord.
En voor Hom was die groot biblioteek van Gods skepping. Hy wat
alle dinge geskape het, het die lesse studeer wat Sy eie hand geskryf
het in die aarde, die see, en die lug. Afgesonder van die onheilige
weë van die wêreld het Hy groot wetenskaplike kennis geput uit die
natuur. Hy het die lewe van plante en diere bestudeer, en ook die
menselewe. Van Sy vroegste jeug af was Hy met een doel besiel
—
Hy het gelewe om ander te seën. Vir hierdie doel het Hy geput uit
die natuurbronne; nuwe idees het Hom te binne geskiet waar Hy die
lewe van plante en diere ondersoek het. Gedurig het Hy die lewende
woord van God toegelig met illustrasies van dinge wat Hy gesien
het. Die gelykenisse wat Hy gedurende Sy bediening gebruik het in
Sy lesse van die waarheid, wys hoe ontvanklik Sy gees was vir die
invloede van die natuur, en hoe Hy geestelike lesse gekry het van
die dinge waarvan Hy elke dag omring was.
So was die betekenis van die woord en werke van God verduide-
lik namate Hy getrag het om die redes vir dinge te verstaan. Hemelse
wesens het Hom bygestaan en Hy kon heilige gedagtes koester en
heilige gemeenskap hê. Vandat Sy intelligensie die eerste maal ont-
waak het, het Hy gedurig toegeneem in genade en die kennis van die
waarheid.
Elke kind kan kennis verkry soos Jesus. Waar ons trag om ons
hemelse Vader te leer ken deur Sy Woord, sal engele naby kom, ons.
[63]
verstand sal versterk, en ons karakters sal verhef en verfyn word.
Ons sal meer soos ons Heiland word. En waar ons die mooi en skoon
dinge in die natuur aanskou, sal ons liefde uitgaan tot God. Terwyl
die gees met ontsag vervul is, sal die siel verkwik word deur sy
aanraking met die Almagtige deur Sy werke. Gemeenskap met God
deur gebed ontwikkel die verstandelike en sedelike vermoëns, en
waar ons oor geestelike dinge dink, sal ons geestelike kragte versterk
word.
Die lewe van Jesus was ’n lewe in harmonie met God. Terwyl
Hy ’n kind was, het Hy gedink en gepraat soos ’n kind; maar geen
spore van die sonde het die beeid van God in Hom geskend nie. Hy
was nogtans nie vry van versoeking nie. Die bewoners van Nasaret
was bekend vir hulle goddeloosheid. Wat van hulle gedink is, kom
uit in Natanael se vraag, “Kan daar uit Nasaret iets goeds wees?”
Joh. 1: 47. Jesus is geplaas waar Sy karakter getoets kon word. Dit