As ’n Kind
47
aan- gepas word by die ontwikkelende verstand. Vaders en moeders
moes hulle kinders leer dat die wet van God ’n openbaring van Sy
karakter is, en dat namate hulle die beginsels van die wet in hulle
harte ontvang, die beeid van God op hart en siel afgedruk sou word.
Baie van die onderrig was mondelings, maar die jeug het ook geleer
om die Hebreeuse geskrifte te lees; hulle het toegang gehad tot die
perkamentrolle van die Ou Testament.
In die tyd van Christus is die dorp of stad wat nie voorsiening
gemaak het vir die godsdiensonderrig van die jeug nie, beskou as
onder die vloek van God. Maar die onderrig het in blote vorm ont-
aard. Oor- lewerings het in ’n groot mate die Skrifte vervang. Ware
opvoeding sou die jeug lei “sodat hulle die Here mag soek, of hulle
Hom miskien kan aanraak en vind.” Hand. 17: 27. Maar die Joodse
leiers het hulle aandag bestee aan die seremonies. Die verstand is
oorlaai met materiaal wat waardeloos vir die student was, en wat
nie erken sou word in die hoër skool van die hemelse howe nie.
Die ondervinding wat kom ten gevolge van ’n persoonlike aanname
van Gods Woord het geen piek gehad in hulle opvoedingstelsel nie.
In beslag geneem deur die roetine van uiterlikhede, was daar geen
stille uur vir gemeenskap met God nie. Hulle het nie Sy Woord hoor
spreek tot die hart nie. In hulle soektog na kennis het hulle afgedwaal
van die Bron van kennis. Die nodige dinge in die diens van God
is verwaarloos. Die beginsels van die wet is verduister. Wat hulle
beskou het as goeie opvoeding was ’n struikelblok in die weg van
[62]
ware ontwikkeling. Onder die leiding van die rabbi’s is die kragte
van die jeug onderdruk. Hulle verstand het eng en bekrompe geword.
Die kind Jesus het nie onderrig ontvang in die skool van die
sinagoge nie. Sy moeder was Sy eerste onderwyser. Sy het Hom
die hemelse dinge uit die geskrifte van die profete geleer. Die juiste
woorde wat Hy seif aan Moses gegee het vir Israel, is Hy nou aan
moedersknie geleer. Toe Hy Sy jongelingsjare bereik het, het Hy nie
na die rabbynse skole gegaan nie. Hy het nie die onderrig uit daardie
bronne nodig gehad nie, want God was Sy leermeester.
Die vraag gedurende die Heiland se bediening, “Hoe kom Hy aan
die geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?” (Joh. 7:
15)
wil nie sê dat Hy nie kon lees nie, maar net dat Hy geen rabbynse
onderrig ontvang het nie. Aangesien Hy kennis opgedoen het net
soos ons dit kan doen, toon Sy grondige kennis van die Skrifte hoe