Page 50 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

As ’n Kind
Die kinder- en jongelingsjare van Jesus is deurgebring in ’n klein
dorpie in die berge. Daar was geen plek op aarde wat nie geëerd sou
gewees het deur Sy teenwoordigheid nie. Dit sou ’n voorreg gewees
het vir koningspaleise om Hom as gas te hê. Maar Hy het die huise
van die rykes verbygegaan, die howe van koninklikes, die sentra
van geleerdheid, om Sy tuiste te maak in die onbekende en veragte
Nasaret.
Wonderbaar treffend is die kort beskrywing van Sy jeug: “Die
Kindjie het gegroei en sterk geword in die gees en vol van wysheid.
En die genade van God was op Hom.” In die sonlig van Sy Vader
se aanskyn het Jesus “toegeneem in wysheid en grootte en in ge-
nade by God en die mense.” Lukas 2: 40, 52. Verstandelik was Hy
baie skerpsinnig, met ’n bedagsaamheid en wysheid ver bokant Sy
ouderdom, dog Sy karakter was edel en eweredig. Verstandelik en
liggaamlik het Hy geleidelik ontwikkel, ooreenkomstig die wette
van die jeug.
As kind het Jesus ’n baie lieflike geaardheid geopenbaar. Sy
gewillige hande was altyd klaar om ander te dien. Hy het ’n geduldig
heid geopenbaar wat niks kon verstoor nie, en ’n onwrikbare waar-
[61]
heidliewendheid. Hy was, wat beginsel betref, rotsvas, en Sy lewe
was gekenmerk deur onselfsugtige hoflikheid.
Met groot belangstelling het die moeder van Jesus Sy ontwikke-
ling gadegeslaan, en die stempel van volmaaktheid in Sy karakter
gesien. Met genoeë het sy getrag om daardie ontvanklike hart aan te
moedig. Deur die Heilige Gees het sy wysheid ontvang om saam te
werk met hemelse werktuie vir die opwassing van hierdie kind wat
God alleen as Vader gehad het.
Van die vroegste tye af het die getroues in Israel baie sorg bestee
aan die opvoeding van die jeug. Die Here het beveel dat die kinders
van hulle vroegste jeug af geleer moes word van Sy goedheid en
grootheid, veral soos geopenbaar in Sy wet, en getoon in die geskie-
denis van Israel. Sang, en gebede, en lesse uit die Skrifte moes
46